top of page
  • Writer's pictureMBF

Aanspreeklikheid, ‘n element van suksesvolle munisipale bestuur

Aanspreeklikheid vir besteding van publieke fondse kan verbeter word deur konsekwent en doelgerig op te tree teen amptenare wat opsetlik versuim om aan wetgewing te voldoen, of wat hulle skuldig maak aan bedrog of wangedrag.


Die regulasies opgeteken in die PFMA (Public Finance Management Act) bepaal duidelik dat munisipale bestuur sake moet ondersoek soos ongemagtigde, onreëlmatige en vrugtelose besteding van fondse. Hierby ingesluit is, die moontlike misbruik van die verskafferskettingbestuur (Supply Chain Management) -stelsel (insluitend bedrog en onbehoorlike gedrag), en bewerings van finansiële wangedrag en moontlike bedrog.

Toepaslike stappe moet geneem word gebaseer op die resultate van hierdie ondersoeke. Munisipaliteite met swak opvolgbestuurpraktyke in plek is dikwels geneig tot korrupsie of bedrog. Dit is dus duidelik dat amptenare aanspreeklik gehou moet word, om korrupsie teen te veg. Robert Kitgaard het die nodigheid van aanspreeklikheid in ‘n formule uiteengesit en word in Fig. 1 illustreer.


Korrupsie het goeie teelaarde wanneer besluite geneem mag word sonder voldoende toesig of verantwoordbaarheid. Soms het amptenare alleenmag om besluite te neem, en mag hulle dit boonop op eie diskresie doen. Tans is daar ‘n aantal dienste (o.a. water en sanitasie) wat nie deur die nasionale- en/of provinsiale-regering, of enige van hul diensverskaffers gelewer kan word nie. Wanneer finansiële besluite geneem word, het munisipale amptenare 'n sekere mate van diskresie en in sommige gevalle besluit amptenare om van verkrygingprosesse af te wyk as gevolg van byvoorbeeld swak beplanning. Indien ‘n sterk aanspreeklikheidskultuur nie bestaan nie, kan hierdie optrede 'n omgewing skep wat bevorderlik is vir korrupsie.

Die oplossing is baie eenvoudig: Die gekose/aangestelde mense aan stuur moet verantwoordelikheid aanvaar vir die amp wat hulle beklee, en met disiplinêre gevolge te doen kry, indien hulle nie hul mandaat nakom nie.


In die geval van munisipaliteite is dit dus die politieke leierskap, senior bestuur en amptenare wat aanspreeklikheid vir oortredings moet aanvaar. Ongelukkig bestaan daar by baie munisipaliteite alreeds ‘n klimaat waar die aanvaarding van verantwoordelikheid nie aan die orde van die dag is nie. Dit het noodwendig tot gevolg dat korrupsie en bedrog makliker kan seëvier. Dit is baie hartseer, want eintlik gaan fondse wat bedoel is om aan die publiek se basiese behoeftes te voorsien, op hierdie manier verlore. Die meeste munisipaliteite het die vereiste beleide en prosesse in plek, om te verseker dat oortredings en bedrog geïdentifiseer en vervolg word, maar dit word nie ge-implimenteer nie. Hierdie gedrag bewys dat ‘n verbintenis tot aanspreeklikheid nie bestaan nie.



Fig. 1: Formule vir korrupsie.

Inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers kan enige klagtes op ons webwerf by www.mafubebf.org aanmeld of 'n WhatsApp-boodskap aan Marina stuur by 079 145 4295 of ons kantore by Kerkstraat 18A besoek gedurende ons besigheidsure, op Maandae tot Donderdae vanaf 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30. Volg MBF op Facebook.

2 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page