top of page
  • Writer's pictureMBF

Mafube Stortingsterreine - nog 'n omgewings-ramp!


Mafube Besigheidsforum (MBF) het verlede week berig omtrent die onwettige rioolstorting in die Wilgerivier waarvoor daar by Mafube Plaaslike Munisipaliteit steeds geen verantwoordbaarheid of pligsbesef bestaan waar dit die beskerming van die gemeenskap en omgewing behels nie.

Net mooi 'n jaar gelede, op 26 Julie 2020, is daar in die media berig omtrent die uiterse swak bestuur van die Frankfort stortingsterrein en die besoedelingsgevaar wat dit vir die Wilgerivier en die hele gemeenskap inhou. Die saak was onder die aandag gebring van die Vrystaatse LUR gemoeid met kleinsake ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, Makalo Mohale maar dit is baie duidelik dat daar niks van gekom het nie. Daar heers steeds chaostiese omstandighede by al die stortingsterreine onder beheer van Mafube Plaaslike Munisipaliteit, waar alle omgewingsbestuurregulasies verontagsaam word en waarvoor daar steeds geen lisensies in plek is nie. Ten spyte van die besteding van R17M by die Villiers terrein, is die situasie geensins beter nie, en bewys dat dit glad nie 'n kwessie van befondsing is nie, maar eerder 'n gebrek aan goeie bestuur, pligsbesef en verantwoordbaarheid..

AfriForum het onlangs 'n verslag saamgestel nadat 'n oudit gedoen was by Frankfort en 23 ander Vrystaatse stortingsterreine en bevind dat nie een van die terreine voldoen aan die minimum vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van 2008).

MBF deel die mening van Mnr. Lambert de Klerk, bestuurder van Omgewingsake by AfriForum, wat sê “Die swak persentasie kan toegeskryf word aan verskeie probleme wat by munisipaliteite ondervind word wat lei tot die swak en onwettige bestuur van ons vullis terreine. Wanbesteding van fondse, swak instandhouding en ’n gebrek aan bekwame personeel is maar ’n paar van die probleme wat ons daagliks ondervind. Die grootste uitdaging is dat daar amptenare in munisipaliteite is wat weet hulle swak bestuur hou geen gevolge vir hulle in nie. Dit is kommerwekkend om te weet die meerderheid vullisterreine in Suid-Afrika voldoen nie eens aan die minimum vereistes nie, maar terselfdertyd is dit verstaanbaar aangesien geen munisipaliteit tot verantwoording gebring word oor die wanbestuur nie.”

MBF ondersteun ook die voorstel om afval moniteringskomitees vir vullisterreine te stig om munisipale amptenare verantwoordbaar te hou. Gemeenskappe kan die volgende stappe volg om volhoubarev erbeterings by ’n stortingsterrein te bewerkstellig:

• Gemeenskappe moetd ruk op munisipaliteite plaas om afval moniteringskomitees te stig. • ’n Vergadering moet een keer per maand gehou word waar tydens die toestand van die stortingsterrein bespreek en doelwitte met haalbare tydperke gestel word. • Bou goeie verhoudings met die munisipaliteite en betrokke rolspelers. • Dring aan op die aanstelling van ’n betroubare diensverskaffer wat bevoeg is om die werk te doen. • Pas volhoubare druk toe via die afvalmoniteringskomitee om seker te maak dat die doelwitte wat gestel is, bereik word. • Neem voltyds deel aan die gemeenskapsontwikkelingsplan (GOP) en lys die kwessies rondom die terreine.

MBF nooi inwoners, besigheidseienaars en belastingbetalers uit wat by gemeenskapsinisiatiewe betrokke wil raak, om ons kantore te besoek by Kerkstraat 18A Frankfort, gedurende ons besigheidsure, Maandae tot Donderdae vanaf 08:30 tot 16:00, Vrydae vanaf 08h00 tot 12h30. Kontak ook Marina per WhatsApp by 079 145 4295 of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org

4 views0 comments
bottom of page