top of page
  • Writer's pictureMBF

Staatsbestendigheid of Mislukte staat?


[Lees opsomming] David Ansara, Hoof Uitvoerende Beampte van die Vryemarkstigting het op 21 September by die Randklub gepraat in 'n toespraak getiteld “The centre cannot hold – does South Africa fail if the state fails?”



David voer aan dat die hoë gesentraliseerde aard van die Suid-Afrikaanse politiek soos ons dit leer ken het, 'n fundamentele verandering ondergaan en wat ons ervaar is die einde van 'n era van die land se bestaande politieke instellings. "Die middelpunt/kern kan nie meer hou nie en ons by die Vryemarkstigting glo dat dit nie meer moet hou nie," het David gesê.

Die vraag word dan, wat indien enigiets dit moet vervang en wat beteken die ineenstorting van die middelpunt van Suid-Afrikaanse politiek vir die toekoms van ons Suid-Afrikaners. David het verskeie voorbeelde genoem van die afname in ekonomiese aktiwiteit wat direk toegeskryf kan word aan die regering se baie swak beleid, treurige besluitneming en implementering.


“Een van die groot onwaarhede van Suid-Afrika ná 1994 is die idee dat regeringsbeleid goed is, maar implementering swak. Die realiteit is dat swak implementering eintlik die samelewing en die ekonomie beskerm teen selfs erger beleide. As die implementering goed was, sou ons verder op die pad gewees het waar Venezuela en Zimbabwe vandag is. Ons sal niks besit nie en ons sal baie ongelukkig wees - waar onbevoegdheid ons van ondergang red is nie 'n goeie situasie om in te wees nie!”



Staatsbestendigheid


David het voortgegaan: “Toenemend moet individue, gemeenskappe en besighede wegkyk van die formele politieke proses en na binne en na mekaar kyk. Die antwoord op staatsmislukking wat ons dink tot dusver verskaf is, is die konsep van staatsbestendigheid soos die sakegroep sy lede aanmoedig om te doen. Staatsbestendigheid is 'n benadering wat die staat erken vir wat dit werklik is en nie wat hy beweer om te wees nie."


Hoe lyk staatsbestendigheid in die praktyk? David stel die volgende voor:


1. Vermy belasting so ver jy moontlik en wettiglik kan. Die staat is in wese 'n huur-soekende masjien wat getoon het dat hy nie in staat is om sy mandaat te handhaaf om geld in te samel en regverdig en oordeelkundig te bestee nie.


2. Groot besighede moet ophou om die regering te ondersteun. Die onlangse vennootskapsinisiatief tussen groot sakeondernemings en die regering is 'n manier vir die regering om sy beleidsagenda te versterk; dit kom effektief daarop neer dat die ANC op die vooraand van 'n verkiesing indirek ondersteun word. As jy 'n sakeleier is en jy voel dit is nodig om ondersteuning te bied waar jou belange direk geraak word, moet jy eers aansienlike toegewings en hervormings eis. Sakeleiers was tot dusver baie bedees in terme van hul eise, wat neerkom op in-wese onvoorwaardelike ondersteuning.


3. Ondersteun burgerlike organisasies wat alternatiewe vir ongebreidelde statisme in Suid-Afrika skep. Die oorspronklike frase "Quis custodiet ipsos custodes" in Latyn, wat vertaal word na "Wie kyk na die wagte?" Die frase is 'n algemene verpersoonliking van die idee dat dit moeilik kan wees om die maghebbers aanspreeklik te hou. Wie sal dit doen?


'n Grondwetlike staat is een waar mag noodwendig gedesentraliseer is, maar mag moet egter nie net binne en deur die verskillende sfere van regering gedesentraliseer word nie.

In 'n konstitusionele staat dra sosiale formasies soos professionele verenigings, vakbonde godsdienstige organisasies en gemeenskapsgroepe almal 'n mate van politieke mag in 'n breë sin saam. Hierdie formasies dien as 'n koördineringsmeganisme vir burgers, wat hulle in staat stel om op te tree as 'n teenwerker vir regeringsmag. Organisasies soos Sakeliga die FMF, Solidariteit, AfriForum, OUTA en Gift of the Givers, asook tientalle ander, speel almal ’n noodsaaklike rol in die handhawing van die konstitusionele staat. Hulle werk dikwels met beperkte begrotings en kan u ondersteuning goed gebruik.


4. Rol jou moue op Die hartseer realiteit is dat die meeste middelklas Suid-Afrikaners dubbele belasting ervaar, nie net word hulle gedwing om openbare gesondheidsorg onderwys en polisie te ondersteun en kry niks terug nie, maar hulle moet ook hul eie mediese fonds verskaf, kinders na privaatskole toe stuur en huur privaat sekuriteitswagte om hul huise en besighede te beskerm.

Alhoewel dit 'n betreurenswaardige uitputting op hulpbronne is, is dit nie goed om oor die spreekwoordelike braai te kerm oor hoekom jou plaaslike munisipaliteit nie die groeiende aantal slaggate in jou straat regmaak nie. Hoekom maak jy nie self die slaggate reg nie?

5. Verander jou ingesteldheid Bowenal is die beste manier vir staatsbestandheid sielkundig. Dit behels dat jy jou houding en jou vooropgestelde aannames oor die rol en die aard van die regering verander. Die eerste denkwyse verskuiwing is om te besef dat regering en politiek nie die beste antwoord is vir watter probleem jy ook al te kampe meë het nie. Wanneer jy gekonfronteer word met 'n oënskynlik onoplosbare sosiale of ekonomiese probleem, moet jou eerste aanval altyd wees om te vra wat individue, vrywillige gemeenskappe en besighede kan doen, voordat hulle die idee kry om die staat te nader. Ons is te gewoond daaraan om ons probleme aan iemand anders uit te kontrakteer – in plaas daarvan moet ons die lokus van beheer tot die plaaslike en die besondere beperk. Om in 'n werklik vrye samelewing te leef, behels die neem van persoonlike, gemeenskaplike en kommersiële verantwoordelikheid vir die grootste aantal dinge. Die staat was nooit bedoel om verantwoordelik te wees vir alles, soos ons dink dit vandag is nie en dus is die staat voorspelbaar besig om te misluk. Om die probleem soms te laat prut is 'n beter benadering as om die staat te vra om dit op te los. Die staat is immers nie neutraal nie; dit bestaan uit 'n verskeidenheid groepe met oorvleuelende en mededingende belange. Dit is selde, indien ooit, ingestel op die sogenaamde openbare belang.


6. Vermy om oorgawe te bied. Die Suid-Afrikaanse regering is nie 'n "almagtige" instelling nie. Die meerderheid Suid-Afrikaners behandel dit met die minagting wat dit ryklik verdien. Terwyl ons in die voorstede in 2020 en 2021 in ons huise met ons maskers saamgekruip het, was die meeste Suid-Afrikaners besig om die ekonomie aan die gang te hou. Die skade van die regering kan versag en uiteindelik uitgeskakel word as ons die staat verstandelik van die voetstuk afgehaal waarop ons dit plaas. Ons word deur ons minderes regeer – al die mag wat hulle het, is deur ons toesien.


Samelewings in baie erger situasies as wat ons vandag in Suid-Afrika is, het die ommekeer in die onlangse geskiedenis gemaak. Vryheid en vrye markte het gewone mense toegelaat om hul lot in eie hande te neem, eerder as om te verwag dat een of ander voorhoede dit namens hulle sou doen. Moenie swig voor ramppornografie nie. Daar is geen punt van geen-terugkeer nie – dinge kan beter word en dit kan vinnig beter word. Mense wat oorgawe bied, sê nie “nee” nie, hulle sê “ag, wat ook al”.


Kom ons neem eerder die krag van “nee” aan met glimlagte op ons gesigte, optimisties oor die toekoms waar ons almal kan floreer. Ons het die geleentheid om iets beter en meer duursaam te kies. Dit sal die radikale desentralisering van besluitneming behels en die bemagtiging van alledaagse Suid-Afrikaners om hul eie koers in die lewe te bepaal.

"Die middelpunt/kern kan nie hou nie - dankie tog!"


Bogenoemde is 'n verkorte weergawe van David Ansara se toespraak. Vir die volledige weergawe, kyk na die video by: https://www.youtube.com/watch?v=MEafong9G6c&t=1583s

1 view0 comments

Comments


bottom of page