top of page
  • Writer's pictureMBF

Vandag merk die begin van herlewing vir Mafube

'n Gefrustreerde publiek en sukkelende ekonomie is aan die orde van die dag vir die inwoners van Mafube. Water en sanitasie, algemene onderhoud van infrastruktuur en basiese dienslewering is maar 'n paar van die verpligtinge wat nie deur die Mafube Plaaslike Munisipalitit (Mafube) gelewer kan word nie.


Na die hooggeregshof uitspraak, is wesenlike veranderinge in Mafube te wagte.

'n Paar lede van Mafube Besigheidsforum (MBF) se bestuurspan het Vrydagoggend 13 Mei met Mafube se topstruktuur ontmoet.

In die vergadering is opsies bespreek om Mafube se finansiële situasie volhoudend te verbeter sodat dienslewering en ander verpligtinge nagekom kan word. Beide Mafube en MBF is opgewonde oor hierdie positiewe stap. Opvolgvergaderings is reeds geskeduleer. Albei partye het onderneem om die saak te prioritiseer en implimentasie so spoedig moontlik te laat geskied.



Foto: Voor: Jannie Schabort (MBF Voorsitter), Lesole Josie Ralebenya (Mafube Munisipale Bestuurder) Isaac Ngozo (Mafube Korporatiewe Direkteur) Agter: Hans Pretorius (Portefeulje bestuurder) en Abram Mgcina (Mafube Hoof Finansiele Beampte). Inlas: Jacques Jansen Van Vuuren (MBF Skakelbeampte).

4 views0 comments

Recent Posts

See All

Buite en bokant die ingang van die munisipale geboue van Mafube Plaaslike Munisipale is die woorde “Batho Pele” versier, dit is ook op plakkate binne meeste regeringskantore. Maar wat beteken dit? Een

bottom of page