top of page
  • Writer's pictureMBF

Villiers SAPD – een van die beste polisiestasies in die Vrystaat

Op Donderdagaand 9 Desember het die Veiligheidsvergadering van Sektor 2 by die Villiers polisiestasie plaasgevind. Die vergadering was bygewoon deur inwoners, verteenwoordigers van sekuriteitsmaatskappye en plaaslike besighede, verteenwoordig deur Mafube Besigheidsforum (MBF).

Kaptein Gert Ludick, stasiebevelvoerder van SAPD Villiers het ‘n oorsig gegeevan misdaadstatistieke deur middel van 'n Powerpoint-aanbieding. Die misdaadsituasie is oor die algemeen stabiel en goed onder beheer met 'n paar areas van kommer, veral gedurende tye van beurtkrag. Daar is ook gevind dat die swaar reën wat in die streek ervaar is 'n impak gehad het, met meer alkoholverwante gewelddadige dade wat gedurende hierdie tye aangemeld is, wat meestal binnenshuis plaasgevind het.

Twee plaaslike besighede is deur inbrake geraak maar die goedere was vinnig teruggevind en die verdagtes aangekeer.

Die misdaadpatroonontleding het geen nuwe neigings aan die lig gebring nie en slegs ‘n geringe seisoenale toename in misdaadaktiwiteite word bevind, maar die situasie word voortdurend gemonitor. Inwoners en besigheidseienaars moet steeds op hul hoede wees en verdagte bedrywighede aanmeld.

Kapings op N3 Kaptein Ludick het verduidelik dat slegs 2 voorvalle onlangs in die gebied voorgekom het en dit hou nie verband met die “Blou Lig”-kapings waaroor in die media berig is nie. Dit bly egter kommerwekkend en om daardie rede is 'n spesialis SAPD-span aangewys om die snelweg te patrolleer. Hierdie span besoek Villiers Polisiestasie gereeld en daar is goeie samewerking met Villiers SAPD.

Meer kameras sal stelselmatig reg deur die gebied geïnstalleer word wat uiteindelik sentraal gemonitor sal word. Die 3 kameras wat reeds geïnstalleer is, het 'n merkbare effek gehad op die vermindering van misdaad in die gebied.

Kaptein Ludick het genoem dat meer besighede die Sektorvergadering moet bywoon en stappe moet geneem word om hulle bywoning te verseker - MBF het onderneem om sy lede te adviseer.

MBF spreek sy dank en lof uit aan Kaptein Ludick en sy span vir die goeie werk wat gedoen word om inwoners van Villiers en omgewing, asook besighede veilig te hou. Die statistieke dui aan dat SAPD Villiers besonder goed vaar in veral misdaadv oorkoming en word gesien as een van die besbestuurde polisiestasies in die Vrystaat, indien nie die hele land nie.

Foto: Kaptein Gert Ludick, stasiebevelvoerder van Villiers SAPS en Sersant Kobus Carelzen (regs) tydens die misdaadstatistiek aanbieding.

Besoek gerus MBF te Kerkstraat 18A, Frankfort waar ons u sal bystaan met enige munisipale aangeleenthede. (Kantoor heropen op 3 Januarie 2022) U kan ook 'n e-pos stuur na info@mafubebf.org of ‘n WhatsApps na 079 145 4295.



1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page