top of page
  • Writer's pictureMBF

VRAAG 8

Updated: Nov 7, 2022

[REEKS ONBEANTWOORDE VRAE UIT OPBENBARE VERGADERING VAN MPM]


[Aan Mnr Mkaza]

Mnr. Mkaza, soos weerspieël in die gesamentlike verklaring van 26 Aug 2022, was alles in orde en die gemeenskap kon uitsien na samewerking tussen MBF en die munisipaliteit onder u leiding, om inkomste in te vorder en te beskerm. Op u versoek het MBF 'n vergadering met die Premier en haar EXCO gereël en na Bloemfontein gereis om dit by te woon. Sedert daardie vergadering het u nie een keer met MBF gekommunikeer nie en nie een keer op versoeke van MBF om met u te vergader, gereageer nie. Dit blyk dat maande se gesprekke en harde werk om 'n werkbare oplossing te vind, nou opsy geskuif is is, sonder enige redes wat deur die intervensiespan verskaf is.

Waarom het die intervensiespan so 'n skielik van plan verander?

Hoekom is niks hiervan aan MBF gekommunikeer nie? Was dit weens politieke inmenging?


1 view0 comments
bottom of page