top of page
  • Writer's pictureMBF

DAAI VULLISDROM… IEMAND MOET IETS DOEN!

Die pas afgelope naweek het AfriForum ‘n streeksberaad net buite Pretoria gehou op die wynlandgoed, Kievits Kroon. Tussen 200 en 300 mense het bymekaar gekom vir hierdie een-dag-funksie.


‘n Algemene probleem wat dwarsoor die land voorkom, en in diepte bespreek is, is munisipale stortingsterreine wat ly onder wanbestuur of in baie gevalle geen bestuur. Hierdie het ‘n outomatiese oorspoel na onwettige vullishope wat onbeheerd groei in groenband-areas, publieke parke, rivieroewers en residensiële gebiede.

Naas die gesondheidsrisiko wat hierdie onwettige storting inhou, kan die vullishope wat oral te vinde is, ook ‘n veiligheidsrisiko tot gevolg hê. Behalwe rotte en ander ongediertes is daar ook ongewensde besoekers wie na die hope kom en soek na iets om te verkoop. In die proses word swart sakke oopgeskeur sodat die vullis wat reeds in sakke was, die wêreld vol lê. Verder kan uit daardie rommel afgelei word watter aankope deur inwoners gemaak word deur na die kartonbokse te kyk – dit beïnvloed huisbrake in die woongebiede.

In stedelike gebiede soos Johannesburg word die stortingstereine deur Zama-Zamas beset en kan Jan Publiek nie toegang daartoe kry nie. In kleiner dorpies is die stortingstereine se toestand fisies onveilig vir gewone voertuie, want die paaie is onbegaanbaar en bande word stukkend gesny. En daar is reeds kompetisie t.o.v. van voedingsareas onder die “rommel optellers” wat hul vondse hersirkuleer vir ekstra inkomstes.

In Mafube het ons dieselfde probleem. Stortingsterein-oudits gee goeie data rondom die probleme wat aangespreek moet word, en ook hoe om dit aan te spreek. Ongelukkig bestaan daar geen apteit vir aksie by meeste munusipaliteite nie. ‘n Stortingsterrein is nie ‘n klein operasie nie. Dit benodig baie hulpbronne en is onderhewing aan streng wetgewing wat ongelukkig nie tans toegepas word nie. Sodra privaatplanne uitgevoer word, word regulasies en wetgewing natuurlik eerste nagevolg, want die regulasies is ingestel om publieke gesondheid, die omgewing en natuurlike hulpbronne te beskerm.

Samewerking tussen verskillende regeringsfere en gemeenskapsaksies sal benodig word om hierdie probleem hok te slaan wat dui daarop dat publiek-privaat-gemeenskap- venootskappe gestig moet word. Tans maak dit nie saak nie hoe goed gefundeerd ‘n verslag komende vanaf ‘n distriksmunisipliteit of provinsiale owerheid is nie; as dit op ‘n munisipale bestuurder se tafel beland wie dit nie verder uitrol nie en implimenteer nie, is dit ‘n vermorsing van tyd, geld en energie.

Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

0 views0 comments
bottom of page