top of page
  • Writer's pictureMBF

MAFUBE – DIE STATUS QUO

Die Nasionale Tesouries het in Mei vanjaar is 'n Status Quo-verslag aan Mafube Business Forum (MBF) beskikbaar gestel wat die huidige stand van sake in Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) reflekteer. Die inhoud van die verslag is skokkend en regverdig voortgesette regsaksies teen die Premier van die Vrystaatse provinsie en diegene wat verantwoordelik gehou moet word vir die krisis by MPM.



Hieronder is 'n kort uittreksel wat dui op gapings in onder andere bevoegdheid, leierskap, aanspreeklikheid en gevolgbestuur:

• MPM het R18 977 790 verbeur omdat die fondse verkeerd spandeer is. Hierdie bedrag word nou vanaf die “Equitable Share Grant” afgetrek, wat bestem is om verligting aan armlastiges te bring. • Munisipale amptenare en raadslede se munisipale diengelde is R544 999 agterstallig. Tesourie skryf dit toe aan gebrek van aanspreeklikheid. • MPM skuld die werknemers pensioenfondse, soos op 30 Junie 2022, R162 639 939.59. Die bedrag het egter intussen gegroei omdat betalings steeds nie gedoen word nie, en rentes daarop geeis word. • ‘n Bedrag van R504 952.98 inbetaal deur inwoners en besighede kan nie toegewys word aan spesifieke rekeninghouers nie en rekeninge kan dus nie korrek gekrediteer nie. • Ongemagtigde uitgawes het toegeneem met 61.8%. • Vrugtelose en verkwistende besteding het toegeneem met 34% tot R211 127 265 • Slegs die rente alleen op MPM se skuld beloop R53 564 862


Dit is kommerwekkend is dat MPM, soos uitgewys in die verslag wat vandeesweek deur die Ouditeur-Generaal gepubliseer was, hul finansiële state óf laat, óf glad nie ingedien het soos deur wetgewing bepaal word nie. Dit, ten spyte daarvan dat die provinsie die verpligtinge oorgeneem het en daar ‘n aantal amptenare en konsultante (teen hoë koste) afgevaardig was om hierdie funksie te vervul, ten einde te verseker dat MPM aan wetlike vereistes voldoen.


Bostaande bevestig dat die raad van MPM en provinsiale intervensie gefaal het. MBF oorweeg tans om verdere regsstappe te neem wat waarskynlik persoonlike kostebevele sal insluit om aanspreeklikheid af te dwing op die betrokke amptenare.


MBF sal die Status Quo en Ouditeur-Generaal verslae beskikbaar stel op versoek. Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

3 views0 comments
bottom of page