top of page
  • Writer's pictureMBF

MAFUBE - "GEE HULLE 'N KANS OM TE MISLUK!"

Dit was die woorde van Adv. Bejile Mene wie die Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) in Januarie 2022 in die Bloemfonteinse hooggeregshof verteenwoordig het. Dit kon moontlik as regverdig beskou word teenoor die huidige Raad wie op daardie stadium net sowat twee maande aan bewind was, maar dit is veelseggend dat selfs die munisipaliteit se regsverteenwoordiger sy bedenkinge so uitgespreek het!



Duidelik is die Raad nou genoeg tyd gegun. Na 18 maande heers daar steeds ‘n dienslewering-krisis en het munisipale werkers het vir die soveelste keer nie hul salarisse ontvang nie. Selfs met dit in gedagte, is besparings maatreëls en finansiële dissipline min. Groot somme geld word spandeer op bv. die huur van luukse voertuie vir politici.

Verlede week het die ANC-beheerde Raad van MPM ‘n onbefondse begroting goedgekeur, bloot omdat dit ingevolge die Munisipale Finansiële Bestuurswet, voor 1 Junie elke jaar gedoen moet word om ontbinding van die Raad te voorkom. Soos voorheen berig, is hierdie begroting van geen waarde nie omdat dit staatmaak op onrealistiese inkomste-vordering en kontantvloei verwagtinge. Geen moeite is gedoen om werklike kostes van dienslewering en rente op munisipale skuld te bepaal nie en talle van die wetlike bepalings wat ‘n munisipale begroting moet vergesel, is ook geïgnoreer.

Omdat die raad nie ontbind is nie, moet die provinsiale owerhede verantwoordelikheid aanvaar vir die instelling van maatreëls om dienslewering aan die gemeenskap te verseker. Dit is verstommend dat die administrateur. wie moet toesien dat Tesourie regulasies nagekom word, sy eie Terme van Verwysing ignoreer waarvolgens die 2023/4 begroting befonds moet wees.

Bo-en-behalwe die versuim om wetgewing na te kom ten opsigte van finansiële bestuur by MPM, bevestig die bostaande dat die Raad en provinsiale intervensie gefaal het. MBF oorweeg tans om verdere regsstappe te neem wat waarskynlik persoonlike kostebevele sal insluit om aanspreeklikheid af te dwing op die betrokke amptenare.

Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

2 views0 comments
bottom of page