top of page
  • Writer's pictureMBF

MAFUBE KIES TEEN VOORUITGANG?

Mafube Business Forum (MBF) het in 2019 'n herstelplan vir Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) ingedien na afloop van ‘n 2-dag werkswinkel wat deur die nasionale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) gefasiliteer was. Die plan wat die “Mafube Stakeholders’ Compact” genoem word, was goed ontvang en daar is deur alle betrokkenes saamgestem dat dit, met gemeenskapsbetrokkenheid ingesluit, baie oplossings bied vir die finansiële redding, herstel en volhoubaarheid van MPM. Die "Compact" was gesien as 'n deurbraakooreenkoms wat as 'n model vir munisipaliteite wat in soortgelyke nood verkeer, kan dien. Destyds het MBF hom verbind tot die instelling van 'n stelsel van inkomste-invordering wat 'n 95%-invorderingskoers vir die munisipaliteit sou verseker het, en in ooreenstemming met die riglyne van tesourie te bring. Op daardie stadium was MPM se invorderingskoers in die omgewing van 9%. Die ooreenkoms was natuurlik voorwaardelik en onderhewig aan die daarstelling van 'n geloofwaardige toesighoudende- en ander komitees om maatreëls te implementeer en te moniteer om dienslewering te verseker, soos daar in plaaslike regeringswetgewing voorsiening voor gemaak word.

Teleurstellend genoeg, het staatsdepartemente weens politieke inmenging op hoë vlak, nie die ooreenkoms nagekom nie en MBF was geen ander keuse gelaat as om die hooggeregshof te nader nie, wat gelei het tot die verpligte ingryping deur die provinsie by MPM. Daarna is 'n ander voorstel, gebaseer op die “Compact” ter tafel gelê tydens samesprekings met die provinsiale administrasie. Weereens is die ooreenkoms aanvaar, selfs nadat baie tyd en moeite is daaraan bestee om die fyn detail uit te stryk, het die provinsiale owerheid homself onttrek sonder om redes te verskaf.

As die Compact geïmplementeer was, sou die finansiële situasie van MLM ongetwyfeld beter daarna uitesien het.

MBF se konserwatiewe berekeninge word gewys in die tabel.

Die bykomende R145-miljoen soos geïllustreer, kon baie bygedra het om dienslewering te verbeter, die munisipale infrastruktuur in stand te hou en verligting aan hulpbehoewendes te bring.


Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook

1 view0 comments
bottom of page