top of page
  • Writer's pictureMBF

MAFUBE - VRAE OOR NOODSAAKLIKE DIENSTE

Die vrae wat ons baie gevra word: "Is dit nie onwettig om die water af te draai nie?" “Mag noodsaaklike werkers staak?”



Stakings in noodsaaklike dienste val onder ‘n onbeskermde gedeelte van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Dit beteken dat werkers weens wangedrag afgedank kan word, en beide vakbonde en werkers kan aanspreeklik gehou word vir skadevergoeding en kontraktuele skadevergoeding. Die Arbeidshof het die mag om stakings in noodsaaklike dienste of enige handeling ter bevordering van sulke stakings te verbied. Indien so bevel ignoreer word kan minagtingsake aangevoer word. Werkgewers (bv. munisipaliteite) het egter in die praktyk nie opgetree nie, uit vrees vir aanhitsing deur die vakbonde wat mag lei na verdere dade van geweld en intimidasie. Verder kan geen ander strawwe - administratief of krimineel - teen stakende werknemers opgelê word nie. In die praktyk, afgesien van 'n verlies aan vergoeding (plaaslik het werkers in elk geval geen vergoeding vir drie maande ontvang nie!), hoef noodsaaklike dienste-werknemers dus min te vrees wanneer hulle staak.

As die watertoevoer na ‘n gemeenskap egter opsetlik afgesluit word, geld 'n ander stel reëls. Aangesien die wanbetaling van salarisse en die versuim van Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) om afgetrekte pensioenfonds- en ander bydraes oor te betaal al so lank aan die gang is, is die frustrasie onder die werkers en hul deelname aan 'n onbeskermde staking redelik verstaanbaar; so ook hul dreigemente om dienste soos watervoorsiening na Mafube verder te ontwrig. Die opsetlike ontwrigting van watertoevoer na gemeenskappe en besighede is egter 'n ernstige oortreding ingevolge die Wet op die Beskerming van Kritieke Infrastruktuur (Wet 8 van 2019), en kan nie geduld word nie.

Munisipaliteite het ’n grondwetlike verpligting om water en ander dienste te verskaf – dit is die rede vir Mafube Besigheidsforum se hooggeregshofaansoek wat op 25 Mei vanjaar in Bloemfontein aangehoor is. Die uitspraak word binne kort verwag. ‘n Gunstige uitspraak sal die gemeenskap in 'n beter posisie plaas om in samewerking met die munisipale bestuur volhoubare oplossings te bewerkstellig.

Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

1 view0 comments
bottom of page