top of page
  • Writer's pictureMBF

ONS RIVIERE IS 'N GEMEENSKAPSBATE (Deel 4)

‘n Geïntegreerde bestuursplan


Onlangse rioolstorting in die Wilgerivier het weer die fokus op riviere geplaas. Elke inwoner moet onthou dat ‘n rivier ‘n bate is. ‘n Geïntegreerde Rivier Bestuursplan (GRB) vir die Wigerivier en omgewing sal egter verder gaan as om net na die negatiewe ad hoc voorvalle te kyk en sal eerder omvattende volhoubare oplossings te lewer vir elke denkbare gebeurlikheid, sover dit ons riviere aangaan.


Die GRB wat deur Mafube Besigheidsforum (MBF) vir die Wilgerivier by Frankfort voorgestel word, is gebaseer op vier kernbeginsels. Alle aktiwiteite wat uit die GRB voortspruit, moet die beginsels in ag neem, dat water 'n waardevolle, nie-onuitputbare hulpbron is wat innovering en effektiewe samewerking van alle belanghebbendes vereis, om ontwikkeling en 'n gesonde omgewing te midde van bevolkingsgroei en verhoogde watertekorte, te bewerkstellig. Die 4 kernbeginsels is:

1. Die Wilgerivier is nie ‘n onuitputbare, onvernietigbare hulpbron nie; 2. die Wilgerivier en sy omgewing is ‘n uiters waardevol gemeenskapsbate; 3. die Wilgerivier is 'n hulpbron wat deur vele belanghebbendes gedeel word; en 4. om dit volhoubaar en effektief tot voordeel van alle belanghebbendes te bestuur benodig innovasie.


Volhoubare en doeltreffende watergebruik vereis innovasie

Kernbeginsels 1 tot 3 word deeglik beskryf in die vorige 3 MBF verklarings. Die konsep van innovasie is vandag 'n algemene term, met 'n wye verskeidenheid van betekenisse. In die konteks van die GRB, kan dit gedefinieer word as nuwe benaderings, prosesse, metodologieë en/of tegnologieë wat die voorsiening van water kan verbeter, aanvraag verminder en die verantwoordelike water gebruik en hergebruik bevorder.


Innovasie kan en moet as 'n sisteem gesien word, en sluit prosesse van verbetering of verandering in – sosiaal en tegnologies. Verder, innovasie binne die GRB, moet verstaan word as verskillende vlakke van bestuur, en binne verskillende kontekste. Die sosiale en institusionele fokus van innovasie word dikwels oor die hoof gesien, met oorbeklemtoning op tegnologiese innovasie wat meer algemeen voorkom.


Sosiale innovasie, die konteks van hierdie plan, kan gedefinieer word as nuwe maniere om te verstaan hoe die samelewing water waardeer, en in ruil daarvoor nuwe maniere te vind om water doeltreffend te bewaar en effektief te gebruik binne 'n sosio-ekonomiese-, omgewings- en geo-ruimtelike konteks. Eenvoudig gestel, sal die GRBP fokus op bewusmaking onder die gemeenskap en hulle aanmoedig om eienaarskap te neem van die rivieromgewing.

Institusionele innovasie hou verband met die manier waarop waterstelsels bestuur en beheer word, en die verskillende benaderings om dit te doen. MBF handhaaf kontak op verskeie institisionele vlakke en tree pro-aktief op deur innoverende volhoubare oplossings voor te stel, om in te sluit by prosedures en regulasies.


Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

0 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page