top of page
  • Writer's pictureMBF

TOERISME SE ROL IN PLATTELANDSE HERLEWING

Wees trots op Mafube: https://bit.ly/440spuF



Daar is verlede week 'n video, vervaadig deur die bekende filmmaker Frans Cronje gepubliseer, wat pragtig uitbeeld wat die Mafube-streek aan toeriste bied. In lyn met internasionale peilings oor die rol van toerisme in kleiner gebiede, kan gesien word dat toerisme in kleiner dorpe en plattelandse gebiede in Suid-Afrika 'n onderbenutte of ongebruikte bate is. 'n Bate wat gebruik kan word om inkomstes van buite die omgewing te bekom en ekonomiese herlewing en plaaslike ekonomiese ontwikkeling moontlik te maak.

Mafube Business Forum (MBF) stem saam met professor Ernie Heath van die Universiteit van Pretoria toe hy opgemerk het dat “toerisme 'n venster van geleentheid bied om lewensvatbare entrepreneursgeleenthede te skep en die lewenskwaliteit van soveel mense in klein dorpies regoor SuidAfrika te verbeter.”

Kleiner dorpe is in die moeilikheid, en Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia is geen uitsonderings nie. Daar kan nie staatgemaak word op plaaslike of provinsiale regering wat beide katastrofies disfunksioneel is nie en daar sal geen ridder op 'n wit perd wees om tot ons redding te kom nie! MBF verwelkom dus die voorbeeld wat Mafube Toerisme gestel het deur praktiese en implementeerbare strategieë en aksies in te stel om die toerisme-potensiaal van ons streek te ontsluit. Plaaslike belanghebbendes kan inskakel by gefokusde deelnemende prosesse om saam te werk met 'n gedeelde toerismevisie vir ons dorpe. Wat mees bemoedigend is, is dat Mafube Toerisme se pogings nie ongesiens verbygegaan het nie en gelei het tot 'n algemene besef onder plaaslike besighede en inwoners dat almal 'n rol het om te speel - dit begin met die skoonmaak van die straat en sypaadjie voor jou eie deur! Volg dit op met 'n glimlag en wees behulpsaam teenoor enigiemand wat jy gedurende jou dag teëkom - of daardie persoon 'n besoeker of iemand plaaslik is. Besighede moet daarna streef om konsekwent uitstekende diens te lewer en hul personeel oplei om dit 'n gewoonte te maak.

Die toerisme-inisiatief van Mafube Tourism pas perfek in by die “Small Town Regeneration”-strategie wat MBF tans nastreef. MBF waarsku dat om sukses in die toerismesektor te behaal, daar grondvlak gemeenskapsdeelname moet wees. Dit verg dat 'n bewusmakingsveldtog in elkeen van ons dorpe gevoer moet word. Plaaslike besighede en inwoners, sowel as plaaslike regering, moet die natuurlike, kulturele en kommersiële bates wat ons as 'n gemeenskap besit verstaan en waardeer, en leer hoe om dit te optimaliseer vir inkomste generering.

Vind uit hoe om deel te wees van die toerisme-inisiatief. Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00. Bel of stuur 'n WhatsApp boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

1 view0 comments
bottom of page