top of page
  • Writer's pictureMBF

WAT IS DIE ROL VAN 'N MUNISPALE RAADSLID?

Daar is verskillende tipes munisipale raadslede, naamlik Wyksraadslede en Proporsionele Verteenwoordigende (PV) Raadslede en elk se pligte verskillende.


Alle munisipaliteite behalwe Distriksmunisipaliteite is in wyke verdeel. ’n Wyksraadslid verteenwoordig ’n spesifieke wyk op die munisipale raad en word verkies deur die “eerste oor die wenstreep-stelsel” waarin die kandidaat wat die meeste stemme kry wen. Wyksraadslede is die voorsitter van hul wykskomitees en moet spesiale aandag aan hul wyke gee.


‘n Proporsionele Verteenwoordigende Raadslid verteenwoordig 'n politieke party in die munisipale raad en word verkies deur die stelsel van "proporsionele verteenwoordiging". In hierdie stelsel nomineer die politieke party sy kandidate op die partylys. Die aantal stemme wat 'n party kry, bepaal die aantal kandidate wat 'n politieke party sal hê.


Die pligte van 'n raadslid is om:

1. die mense binne die munisipaliteit te verteenwoordig en met ander raadslede saam te werk in die belang van die gemeenskap op te tree – nie net die lede van hul politieke party nie; 2. die behoeftes van die gemeenskap aan die munisipale raad en die raadsprosesse aan die gemeenskap te kommunikeer; 3. vir vergaderings voorberei en bywoon tensy hulle 'n spesiale verlof tot afwesigheid het; 4. die prestasie van die munisipaliteit te monitor; 5. kwessies van kommer met die betrokke liggame te opper en terugvoer te gee oor die munisipaliteit se prestasie; 6. volg die gedragskode wat insluit dat inligting nie bekend gemaak word aan mense wat onregverdig daarby kan baat nie.


Wat is die rol van 'n munisipale raadslid? Kyk hierdie video vir meer inligting: https://www.youtube.com/watch?v=2pq_mdm1VlY




MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers om ons kantore te Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page