top of page
  • Writer's pictureMBF

Watervoorsiening is ‘n prioriteit

“Sonder om wanfunksionele munisipaliteite reg te stel, gevaarlike paaie vol slaggate en om afhanklikheid van Eskom te verminder, kan Suid-Afrika vergeet van betekenisvolle ekonomiese groei”.



Hierdie is die woorde van Tito Mboweni, voormalige minister van finansies en president van die Reserwe Bank, verlede week by die jaarlikse konferensie van PSG by Sun City. Mboweni het gewaarsku dat die 1,2% BBP-groei in die vierde kwartaal van 2021 ‘n akurate prentjie skets. Dit wys SA se ekonomie stagneer en meld dat as dinge nie verander nie ‘n 5% groei teen 2030, nie realisties is nie.


Die probleem?

Dit klink amper asof Mboweni na Mafube verwys het. Hy het genoem het dat besighede net soos Clover, versmoor weens ondoeltreffende munisipaliteite en vervalle infrastruktuur. “Ruk munisipaliteite reg en roei korrupsie uit, om te verseker dat dit reg bestuur word tot voordeel van die gemeenskappe. Maak paaie en infrastruktuur reg in plaas van maatskaplike besteding.”


Beurtkrag is ‘n alledaagse verskynsel waarvoor dit blyk die regering geen spoedige oplossing het nie. Energiekostes is onaanvaarbaar hoog en meer en meer toegewings sal gemaak moet word om private belegging aan te moedig. Mboweni het verder gesê, gegewe SA se werkloosheidstydbom, moet die regering sy aandag weer vestig op ‘n paar "basiese faktore". Dit is sy opinie dat die staat die privaat sektor se hulp moet vra en aanvaar, waar hyself nie die infrastruktuurgaping kan vul nie.


MBF bied die oplossings

Mafube Besigheidsforum (MBF) stem saam met die voormalige minister dat aandag gegee moet word aan paaie en infrstruktuur, maar plaaslik moet sake by die munisipaliteit opgeruim word en prosesse in gestel word om fondse vanuit die gemeenskap te beskerm. Werkbare voorstelle wat reeds deur regeringsinstellings aanvaar is, moet bloot in werking gestel word – soos vervat in die “Mafube Stakeholder’s Compact”. Die provinsiale regering moet nou ingryp, soos deur die Hooggeregshof beveel is. Die privaat sektor kan die gemeenskap lei en saam deel word van die finansiële en strukturele heropbou van ons munisipaliteit. Volgens die “Compact” is daar ooreengekom dat MBF 'n lys van belangrike punte aan Mafube sal gee, wat eerste aandag moet kry. Al die belanghebbendes sal gereeld besluit oor watter belangrike punte aandag nodig het, alles binne die raamwerk van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) en begrotingsprosesse.


Energie

MBF bly pro-aktief op die gebied van energie. In samewerking met FF Renewables en onafhanklik van staatsinstansies is ‘n solar-energie plan besig om die lig te sien in Mafube. Gedeeltes is reeds in aksie en uitbreidings is reeds beplan. Binnekort sal Mafube dus reeds sonder beurtkrag kan funksioneer en sommer ook werkloosheid in die streek verlig.


Prioriteite

Waterverskaffing is duidelik ‘n groot probleem in Frankfort en Namahadi, met feitlik daaglikse onderbrekings a.g.v. swak infrastruktuur. Die onlangse Blou Druppel verslag verklap ook: Swak bestuur en operasionele prosesse, en die afwesigheid van ‘n Waterveilgheidsplan. Hierdie aspekte kan in samewerking met Departement van Water en Sanitasie (DWS) vinnig en maklik sonder groot uitgawes aangespreek word.


Om aan te sluit by waterverskaffing moet ons waterbronne teen rioolbesoedeling beskerm word. Miljoene is reeds spandeer by die verwerkingsaanlegte in Mafube, maar dié het steeds die swakste gevaar van alle munisipaliteite landswyd, in die Groep Druppel-opname. Die Hooggeregshof besef ook die gevare en het beveel dat rioolstorting onmiddelik gestaak word. Wanneer pligte nie nagekom word nie, sal MBF klagtes van minagting loods.


deelname in die bestuur van munisipale sake word aangemoedig. Soos gestel in die “Compact” sal prioriteite aangepas word en nooi ons graag inwoners, besighede en belastingbetalers uit om hulle menings aangaande prioritieite aan ons te stuur.


Skakel gerus met MBF deur ons kantore by Kerkstraat 18A te besoek gedurende ons besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295. Of kontak Marina op WhatsApp. stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org Volg ons op Facebook en besoek ons webblad by www.mafubebf.org


1 view0 comments
bottom of page