Terwyl die Onteieningswet 'n warm onderwerp is, word die ou argument oor "wie die grond besit" gehoor by regeringsamptenare, politieke kommentators en minder ingeligtes wat steeds die onwaarheid versprei: “70% van grond word deur 7% van die bevolking besit.” Daar word geinsinueer dat dit 7% blanke boere is wat vasklou aan 'n groot gedeelte van landbougrond in Suid-Afrika. Is dit waar?
Wat is die waarheid rondom grondbesit?
Die kort antwoord is dat die regering nie wil sê nie. Volgens ‘n grond-oudit in 2017 is 30,4% van die totale omvang van SA se grond in die hande van individue, 24% in die hande van trusts, 22,9% in staatshande, 19% in die hande van maatskappye. Maar die regering verkies waarskynlik eerder om op die rug van onduidelik te ry, wat moontlik deel van hul ondeurdagte agenda, om onder die vaandal van grondonteiening, ter wille van sogenaamde regstellende herverdeling van grond. Die grondoudit is na 8 jaar steeds nog nie opgevolg nie. Baie staatseiendom kon in die tyd aan begunstigdes oorgedra word.
Die Instituut vir Rassebetrekkinge (IRR) was krities teenoor die 2017 Staatsgrondoudit en het 'n insiggewende verslag in Maart 2018 gepubliseer wat frustrasies weerspieël rondom die misleidende data wat gebruik was, en sê dat "Die syfers van die 2017 Staatsgrondoudit: Privaat Grondeienaarskap volgens Ras, Geslag en Nasionaliteit-verslag wat in Februarie daardie jaar vrygestel is, is grootliks aangewend om grondonteiening sonder vergoeding te motiveer. In die EFF-mosie om artikel 25 van die grondwet te wysig word die Oudit aangehaal as die bron vir die bewering “dat swart mense minder as 2% van landelike grond besit, en minder as 7% van stedelike grond”.
Dit lyk asof die ANC en EFF doelbewus gefokus het op 'n bepaalde maatstaf wat die verskil tussen grond in wit en swart besit sou oordryf.
Die IRR-verslag is aanlyn beskikbaar by: https://bit.ly/4k4IXtK
Nadat die Onteieningswetsontwerp weer in die Parlement bespreek is en deie voorneme van die regering om dit gedurende 2024 in wet te verwerk, het Andrew Kenny 'n uitstekende artikel oor die onderwerp gepubliseer wat hier gelees kan word: https://bit.ly/3X5tBeZ
Andrew het geskryf: “Die grondkwessie in Suid-Afrika bly 'n omstrede en komplekse onderwerp, dikwels gedryf deur historiese griewe en politieke agendas. Onlangs het nuwe LP's, insluitend figure soos Andile Mngxitama en John Hlophe, debatte oor grondbesit laat herleef, met die fokus op wie op die grond geregtig is en die historiese ongeregtighede wat daarmee verband hou. Hierdie besprekings word egter dikwels ontsier deur dubbelsinnigheid, woede en 'n gebrek aan duidelikheid oor die definisies van wat "Afrika-mense" of "swart" identiteit uitmaak. Die dieper vraag, of gewone Suid-Afrikaners grondbesit bo ander dringende behoeftes soos werk, onderwys en sekuriteit prioritiseer, bly grootliks onbeantwoord.”
Interessante statistiek:
55% van SA word as “True Desert” geklassifiseer.
In die dorre Karoo en Noord-Kaap het 1 skaap 10 hektaar weiding nodig, dus is ‘n Ekonomiese boerdery-eenheid is dikwels 10 000 ha.
Landbougrond in tradisionele swart besit lê in die hoë reënval oostelike gebiede van die land met ‘n hoer reënval as die weste. Die waarde van die grond is vier keer meer want die drakrag daarvan is vier keer meer.
Vir meer as twee miljoen hektaar is finansiële vergoeding bo ‘grondrestitusie’ verkies.
8,1 miljoen hektaar (6,6% van SA), en nog 5 miljoen ha se landbougrond is tussen 1994 en 2017 deur die regering bekom en beskikbaar gemaak vir grondherverdeling.
Opkomende boere se landerye het van 50% van die plaas in 2008 tot 15% in 2019 gedaal – gebrek aan staatsondersteuning en ekonomiese faktore.
Individuele blanke eienaars besit slegs 21,9% van Suid-Afrika, minder as wat die staat besit.
Besoek MBF by Kerkstraat 18A, Frankfort tussen 08h30 en 16h00 op Maandae tot Donderdae en tussen 08h00 tot 12h30 op Vrydae. Bel of WhatsApp 079 145 4295, besoek www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.
Kommentare