Witskrif oor Plaaslike Regering (WPLG26)
- MBF

- Sep 26
- 2 min read

Op 10 April vanjaar is ‘n witskrif rakende uitvoerbare en effektiewe riglyne vir plaaslike regering, geprogulmeer deur die Nasionale Departement van Samewerkende Regering en Traditionele Sake (CoGTA).
Ten spyte van goeie prestasies van munisipaliteite wie nie deur die heersende politike party gelei word nie, het plaaslike regering se prestasie grootliks agteruitgegaan as gevolg van 'n verskeidenheid administratiewe, bestuurs-, dienslewerings-, infrastruktuur-, finansiële, strukturele en sistemiese uitdagings. Swak prestasie het duidelik geword in sleutelareas van leierskap,bestuur en administrasie, vererger deur ongekoördineerde en oneffektiewe nasionale en provinsiale regulatoriese en toesighoudende verantwoordelikhede. Die gemeenskap van Mafube, het eerstehandse ondervinding met betrekking tot laasgenoemde – dis baie duidelik dat die verpligte provinsiale artikel 139 ingryping gefaal het.
Die versuim om die basiese beginsels effektief toe te pas, het beleggings onaantreklik gemaak, groei belemmer, werkskepping vertraag en die bevordering van menslike ontwikkeling en die diens aan landsburgers gerem.
Mafube Besigheidsform (MBF) verwelkom die voorgestelde hervorming van die plaaslike regeringstelsel soos in die 2026 witskrif geprioritiseer word, om te verseker dat dit nie 'n beperkende faktor in die land se ontwikkeling bly nie. Ons glo dat die volgende kwellende aspekte van plaaslike regering aangespreek moet word:
Mislukkings in dienslewering.
Finansiële wanbestuur.
Tekort aan geskoolde personeel.
Ondoeltreffendheid van openbare deelnamemeganismes.
Toename in onbetroubaarheid van watervoorsiening en swak gehalte.
Verslegtende toestand van munisipale afvalwaterinfrastruktuur.
Gebrek aan kapasiteit en sleutelvaardighede van munisipaliteite om elektrisiteit te versprei en te bestuur.
Die huidige struktuur van muur-tot-muur munisipaliteite het 'n gebrek aan differensiasie, wat lei tot ondoeltreffendhede.
Onetiese leierskap en swak gehalte van politieke en administratiewe leierskap is algemeen.
Daar is lae en dalende vlakke van openbare vertroue in plaaslike regering.
Die WPLG26-witskrif maak voorsienig daarvoor dat Munisipaliteite meer moet saamwerk met private entiteite en geleenthede vir publiek-private vennootskappe moet ondersoek. MBF is verheug daaroor dat erkenning uiteindelik hieraan gegee word – soos voorgestel in ons “Mafube Stakeholder’s Compact” van reeds 5 jaar gelede. Die volledige witskrif op die MBF webblad beskikbaar by https://tinyurl.com/49n8u2nt.
MBF, Kerkstraat 18, Tel 079 145 4295, www.mafubebf.org of volg ons op Facebook.





Comments