top of page

Bek- en Klouseer: Bywette kan selfs ‘n epidemie help beheer

  • Writer: MBF
    MBF
  • Sep 19
  • 2 min read

Foto: Wikipedia
Foto: Wikipedia

Rondloperbeeste en -diere is ‘n onding. Nie net is dit onveilig nie, verniel dit infrastruktuur en tuine nie, maar deesdae dra dit ook die risiko om siektes te versprei. Een so siekte is Bek- en Klouseer wat volgens plaaslike veeartse deur die staat beheer moet word. Rondloperbeeste is ook iets wat deur die staat, of plaaslike regering, beheer moet word – maar hulle blyk om nie die bedreiging te besef nie, of om oor die vermoë te beskik om dit te beheer nie.

 

Mafube Besigheidsforum (MBF) het vroeër vanjaar vergaderings met die vorige Munisipale Bestuurder, Adv. Lepheana gehad, waartydens hierdie risiko en die belangrikheid van bywette aan hom uitgewys was. MBF het konsep-ordinansies (bywette) beskikbaar gestel wat hy onderneem het om aan die Mafube munisipale Raad voor te lê. Dit het natuurlik nooit gebeur nie.

 

Veilingkrale gesluit

Die veilingskrale is onlangs gesluit a.g.v. kwarantynmaatreëls, wat aktiwiteite in ons landboubedryf drasties beperk en inkomste van nie net die boere nie, maar ook die besighede wat met hul skakel, affekteer. Namate die tyd verbygaan, sal die impak op die plaaslike ekonomie duideliker raak, en ons vrees dat plaaslike ondernemings die nadelige gevolge hiervan sal begin ervaar.

 

Plaaslike regering

Wat die situasie vererger, is die skynbare apatie van plaaslike regering teenoor die ekonomiese gevolge van hierdie siekte. Terwyl boere en besighede gedwing word om hul besighede te sluit, blyk dit dat die regering nie bereid is om hulle te ondersteun nie.  Ook om hul eie personeel aanspreeklik te hou vir hul rondloperbeeste nie. Hierdie gebrek aan verantwoordelikheid en daadwerklike aksie is ontstellend en ondermyn die vertroue van die gemeenskap in ons plaaslike owerheid.

 

Dit is teleurstellend dat die insette gelewer deur MBF tot dusver geigoreer was. Beheer en maatreels is nodig, veral in tye van ‘n epidemie. Onkundigheid en onverantwoordelike optreke van onder andere ond plaaslike regering stel die gemeenskap en sakelui bloot aan onnodige risikos.

Comments


bottom of page