top of page
  • Writer's pictureMBF

DIE UITSPRAAK IS GELEWER - WAT NOU?



Ons het lank gewag vir die uitspraak. Dit was ‘n positiewe uitspraak en ongeveer 70% van dit waarvoor gevra is, is bekom. ‘n Kostebevel teen die munisipaliteit en provinsiale gesag. Hierdie is ‘n geskiedkundige saak in die bestaan van die Mafube-gemeenskap. Die uitspraak laat MBF baie sterk staan en bedank graag Afriforum vir hul ondersteuning.

Die tyd was nog nooit ryper as nou, vir inwoners om betrokke te raak nie. Mafube-inwoners moet op hul regte staan, en druk op Mafube plaas om hul mandaat na te kom t.o.v. onder amdere gehalte dienslewering, soos wat wettiglik vereis word.


Waarvoor het MBF gevra: 1) Nasionale ingryping 2) Dat ‘n derde party moet insit in die vorm van ‘n oorsig kommitee rakende besluite wat in Mafube aangaan. Om seker te maak dat finansies, onder andere reg bestuur word. 3) Dat die “Stakeholders Compact” geïmplimenteer word wat die volgende insluit: a) Oorsigkommitte b) PPP – Publiek Privaat Venootskap c) Beskermde fondse (Ring-fenced account) d) Amnestie


Wat sê die uitspraak? 1) Provinsiaal het geleentheid om in te gryp, maar nasionaal is verantwoordelik daarvoor. Dus sal dit vir nou nie ‘n direkte ingryping wees nie. 2) Riool moet onmiddelik aangespreek word. 3) Indien dit nie gebeur nie, is daar gevolge. 4) Herstelplan moet voorgelê en uitgevoer word.


Wat beteken uitspraak fisies vir Mafube? 1) Onmiddelike verpligte provinsiale ingryping, anders as van te vore waar dit diskressionêr toegepas kon word. 2) Die provinsie kan stappe goedkeur om inkomste-invorderingsmaatreëls toe te pas. 3) ‘n Administrateur kan aangestel word wat herstelplan moet voorlê, wat moet seker maak dat die munisipaliteit sy finansiële verpligtinge en lewering van basiese dienste nakom. 4) Indien dit nie plaasvind nie is nasionaal verantwoordelik. 5) Laasgenoemde kan meebring dat die Munisipale raad ontbind word of selfs ‘n klag van minagting teen die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela.


Wat van dienslewering in Mafube? 1) Verbeterde watervoorsiening, rioolbehandeling, paaie en rommelverwydering en -verwerking. 2) Verbeterde instandhouding van infrastruktuur. 3) Indien paaie en riool nie binne redelike en afgespreekte tye herstel is nie, sal daar gevolge wees, en sal MBF weer hof toe kan gaan en vra vir die 30% wat nie in die hofbeslissing nie ten gunste van MBF se pleit was nie. Dit sluit die implimentering van die “Stakeholders Compact” in.


Wat gebeur as die “Compact” geïmplimenteer word? 1) ‘n Oorsigkommittee van kundiges sal aangestel word en vergaderings bywoon, en insae hê op besluite wat Mafube neem. 2) PPP hanteer dienslewering en maak seker dat korrupsie nie verder plaasvind nie. 3) Nuwe betalingsmeganisme sal in werking gestel word waar fondse in ‘n “ring-fenced account” betaal sal word. Hierdie gelde sal nie spandeer kan word sonder insae van oorsigkommittee nie. 4) Voorwaardelike amnestie. Om invorderingskoste te bespaar en inwoners aan te moedig om hul rekeninge te betaal.

Ons beklemtoon weer, dat indien daar na ‘n redelike nog nie wesenlike verbeteringe is nie, sal iemand siviel verantwoordelik gehou word. En die president is dan direk verantwoordbaar.

Indien Mafube die uitspraak in ag neem behoort ons binne ‘n paar maande al in verbeterde dorpe te bly.


Graag wil MBF ons oorwinning aan wyle Adv. Leon Lombard opdra. Sy ywer in die aanloop en voorbereiding tot die saak het baie bygedra tot die suksesvolle uitslag. Adv. Lombard was passievol, doelgerig en gedissilineerd. Sy insigte word gemis. Hy het einde 2021 afgesterf agv Covid verwante komplikasies.


Meer info is beskikbaar op MBF se Facebook-bladsy, Webblad en by kantoor: 18A Kerkstraat, Frankfort.


Die item is ook in pdf formaat beskikbaar hieronder:

Die Uitspraak Is Gelewer
.pdf
Download PDF • 49KB



16 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page