top of page

Droeë krane, maar reservoirs lek leeg en nuwe boorgate word nie gebruik nie

  • Writer: MBF
    MBF
  • 4 hours ago
  • 2 min read

Oorvloedige reën laat alles ‘wegspoel’, maar die krane is droog. Eenvoudige herstelwerk blyk om ‘n reuse uitdaging vir die Mafube Plaaslike Munisipaliteit te wees. Watervoorsiening is ‘n basiese mense reg. MPM verontagsaam hoofgeregshof uitsprake en oortree volgens die MRK ten minste 3 artikels in die grondwet se waterwet deur inwoners sonder water te los.



Weens hierdie wettelose gedrag neem MBF weer verdere stappe… Maar vir eers die huidige watersituasie.


Status Quo

  • Tweeling: Maande lank sonder genoegsame watertoevoer en waterdruk.

  • Frankfort: Gereeld sonder water, terwyl skoon behandelde water deur lekkende pype mors.

  • Cornelia: Het nie water as Frankfort nie water het nie.

  • Villiers: Op 6 Mei al vir die derde dag sonder water, omdat daar nie chemikalieë is nie.


    Verskonings en leuens

  • In Tweeling is infrastruktuur opgradeer ter waarde van miljoene rande, selfs nuwe boorgate is gesink, maar toerusting by boorgate is nie geinstalleer nie. Die tweede waterpomp wat genoegsame waterdruk verseker vir Tweeling en Mafahlaneng is nooit herstel nadat dit maande gelede gebreek het nie.

  • In Frankfort stroom miljoene liters weg uit lekkende pype. Een voorbeeld is waar MPM personeel op 18 April uitgestuur was om ‘n lekkasie te herstel, maar die pyp was nie eers oopgegrawe. 5 Mei, 3 weke later ontken MPM swak prestasie, want hulle personeel was volgens hulle nog nie eers op die toneel nie. Maar inwoner getuig dat personeel met wit Nissan bakkie met Munisipale merkers afgelaai was. Eerste verskoning was ‘n moontlike gebrek aan parte of “clamps”, later die ontkenning dat personeel ooit daar was, en nog later op 5 Mei is aangevoer dat TLB (wat stukkend is) nodig is om pyp oop te grawe.

  • Villiers: Op 5 Mei in ‘n onderhoud op Lesedi FM met Thuso Motaung, verklaar die burgemeester, Thloare Motsoeneng, dat Villiers se water probleme opgelos is. Dit was ‘n leuen, want op 6 Mei was daar steeds nie water nie.


Op eie stoom

In die afwesigheid van hulp het die Frankfort-inwoner self die beskadigde asbespyp oopgegrawe – sonder ‘n TLB! Die lekplek het intussen vererger. “Ek kan nie die pyp self herstel nie, want ek het geen toegang tot die watertoevoerkraan nie. Ek voel magteloos. Die munisipaliteit het net verskonings nie oplossings nie.” Hyself, soos menige ander inwoners, het intussen ‘n boorgat gesink, ter wille van versekerde watervoorsiening.


Minimum vereistes

  • Herstel van kritieke lekkasies en instandhouding van waterpompe

  • Voldoende voorraad van chemicalie

  • Eerlike en deursigtige kommunikasie met inwoners

  • Die gebruik van toepaslike toerusting en gekwalifiseerde tegniese personeel

  • ’n Volhoubare, langtermynstrategie om toekomstige onderbrekings te voorkom


Die inwoners van Mafube verdien beter.


Besoek by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h00 tot 12h30. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org

 en volg ons op Facebook.

Comments


bottom of page