top of page
  • Writer's pictureMBF

Groot Ontwikkeling kom!


Mafube Besigheidsforum (MBF) het tydens ‘n publieke vergadering gehou op Maandag 27 September, planne bekend gemaak wat grootskaalse ekonomiese ontwikkeling vir die hele Mafube streek inhou.

Gesien in die lig van die onlangse onstabiliteit in 'n aantal provinsies te midde van 'n steeds krimpende nasionale ekonomie wat die werkloosheidskwessie beklemtoon, is ekonomiese ontwikkeling en die skepping van werksgeleenthede die grootste uitdaging wat ons in hierdie land en ons streek in die gesig staar. Hierdie is reeds met die stigting van MBF geïdentifiseer en uit die staanspoor was weë ondersoek en modelle voorgestel om binne die Mafube-streek ‘n voordelige besigheidsklimaat te skep, om sodoende nywerhede en beleggings na ons streek te lok. MBF beskou volhoubare en voldoende water-, energie- en menslike hupbronne as die belangrikste boublokke om ‘n plaaslike, landelike ekonomie op dreef te kry. In hierdie opsig het die Mafube streek ‘n kompeterende voorspring maar is ons steeds afhanklik van ‘n duur en onbetroubare nasionale elektrisiteitsnetwerk wat ontwikkeling belemmer.

Deur uitvoering te gee aan ‘n progressiewe en innoverende denkrigting,het MBF 'n ooreenkoms gesluit wat ons missie sal dien om ontwikkeling en investering na ons streek te lok. As 'n eerste stap werk MBF saam met Rural Free State (RFS) en Frankfort Solar (Edms) Bpk, om die eerste fase van ‘n massiewe energieopwekkingsprojek van 3.66 MW wat na verwagting gedurende Oktober 2021 sal begin, op die plaas Strasburg aan die buitewyke van Frankfort. Verdere fases salvolg in 2022. Die uitwerking hiervan is 'n onmiddellike en aansienlike vermindering van die afhanklikheid van die nasionale netwerk, met gepaardgaande verlaging van verspreidingskoste, wat op sy beurt mettertyd sal lei tot groter betroubaarheid en laer koste vir eindgebruikers, veral vir sake-eienaars. Die aandeelhouding subskripsie in Frankfort Solar uit die gemeenskap is volledig vir die aanvang van die huidige eerste fase in Oktober, maar met die verdere uitbreiding sal daar meer geleenthede vir plaaslike beleggers ontstaan.

'n Unieke solaroplossing vir besighede en inwoners

MBF bied ook nou 'n unieke oplossing bied vir inwoners en sake-eienaars wat oorweeg om in sonkrag vir hul huise of besighede te belê. Lede van MBF (gesinne en besighede) kan nou 'virtuele' toewysing van sonkrag in modules/eenhede van 1 kW elk teen 'n redelike koers koop, sonder al die potensiële probleme geassosieer met die installering van sonkragstelsels by hul huise of besighede. Kliënte as MBF-lede, wat hierdie opsie uitvoer, gebruik dus in werklikheid elektrisiteit wat werklik elders opgewek word (op die sentrale RFS -terrein), by hul geregistreerde adres, met enige oorskot wat na RFS uitgevoer word teen die huidige kleinskaal-ingebedde generasie (SSEG) uitvoertariewe.

Belangstellende word uitgenooi om met MBF in verbinding te tree. Besoek gerus die MBF-kantore te Kerkstraat 18 in Frankfort, of stuur 'n e-pos na solar@mafubebf.org. WhatsApps kan ook na 079 145 4295 gestuur word.

2 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page