top of page

Help Vrystaat Landbou om 'n register op te stel van BKS-gevalle

  • Writer: MBF
    MBF
  • Oct 9
  • 1 min read

Mafube se afwesigheid van bywette belemmer die keer en bekamping van BKS, maar Vrystaat Landbou vra elkeen se hulp om gevalle van rondloper diere aan te meld. Die afwesigheid van behoorlike regulasies het aanleiding gegee tot dat beeste vrylik in die dorp rondloop, wat 'n beduidende risiko vir beide menslike en diergesondheid inhou. Die bek- en klouseer-uitbraak in die omgewing is 'n skerp herinnering aan die gevaar van onbeheerde dierebeweging.


Karan Beef is weer besmet, Sparta is geaffekteer en ander Kleiner voerkrale het ook probleme. Dit terwyl die ekonomie verder swaar trek omdat vee nie in die geaffekteerde gebiede verkoop kan word nie.


MBF het verlede jaar 2 gepaste bywette aan die vorige munisipale bestuurder van Mafube, Adv. Mothusi Lepheana voorgestel wat hy onderneem het om aan die Munisipale Raad voor te le. Ten spyte van sy onderneming het hy nooit aandag daaraan gegee nie.

MBF sal u bystaan in die rapportering van die gevalle.



Comments


bottom of page