top of page
  • Writer's pictureMBF

Kraanwater word weer getoets





Chris Morgan, Distrikskoordineerder: Hoogland Streek by AfriForum, was vandag in Frankfort en het dieselfde waterpunte besoek wat hy op 9 Maart 2022 besoek het. Watermonsters is by hiedie twee punte geneem as deel van 'n opvolgtoets nadat die watermontsters van 9 Maart 2022 as ongeskik vir menslike gebruik verklaar is. AfriForum het eergister, 16 Maart 2022, 'n aanmaningsbrief op die munisipale bestuurder van Mafube Plaaslike Munisipaliteit beteken, om die situasie binne 24 uur te herstel. Tot op hede was daar geen reaksie vanaf die munisipaliteit nie. Indien die nodige verbeteringe in waterkwaliteit nie waargeneem word nie, sal 'n lobaratorium vanuit Bloemfontein ook watermonsters by hierdie twee punte neem vir toetsing. Chris staan Mafube Besigheidsforum gereeld by met watertoetse in die Mafube omgewing. AfriForum #mbf #mafube #mafubebesigheidsforum #mafubebusinessforum #frankfort #freestate #vrystaat #water #ecoli

2 views0 comments
bottom of page