MAFUBE MORS NOG R5-MILJOEN
- MBF

- Aug 8
- 3 min read
Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) is een van die munisipaliteite wat in die OuditeurGeneraal (OG) se verslag van 31 Mei 2025 genoem is. Die verslag meld dat die verantwoordelike beampte (Munisipale Bestuurder) in terme van aanbevelings in sy
ouditverslag min of geen stappe geneem het om Wesenlike Onreëlmatighede (WO) by MPM aan te spreek. Dit het ook aan die lig gekom dat meer as R5-miljoen rand aan finansiële
konsultante spandeer is, met die oog daarop om betyds akkurate syfers aan die OG te kan gee – helaas het dit nie gebeur nie.
WAT IS ‘N WESENLIKE ONREËLMATIGHEDE (WO)
'n WO kan slegs as opgelos beskou word as alle moontlike stappe geneem is om:
finansiële verliese te verhaal of enige skade of misbruik wat veroorsaak is, te verwyder of aan te spreek;
gevolge teen die betrokkenes te implementeer;
enige verdere verliese, skade en misbruik te voorkom.
Die swak beheeromgewings in plaaslike regering veroorsaak dat hierdie WO's, wat nie verband hou met komplekse sake nie, maar eerder met die basiese dissiplines en prosesse wat in plek moet wees om onder andere:
dienste en goedere teen die beste prys te kry;
slegs te betaal vir wat ontvang is;
betalings betyds te maak om onnodige rente en/of boetes te vermy;
inkomste wat vanaf die staat verskuldig is, te verhaal;
bedrog te voorkom;
aan wetgewing te voldoen;
bates te beskerm en in stand te hou;
infrastruktuurprojekte betyds, teen die vereiste gehalte en binne begroting te voltooi;
deursigtig en betroubaar oor prestasie en finansies te rapporteer;
finansies met die nodige sorg te bestuur;
die hulpbronne van die staat effektief en doeltreffend te gebruik om waarde vir die geld wat bestee is, te kry en die beoogde dienste te lewer;
menslike hulpbronbestuursprosesse en verpligtinge teenoor werknemers effektief te bestuur, insluitend die tydige oorbetaling van bydraes aan pensioenfondse en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens; en
skade aan die publiek vermy.
Die OG se kantoor het die WO's by Mafube geïdentifiseer deur onreëlmatighede wat tydens die normale ouditprosesse onder sy aandag gekom het. “Aangesien ons nie al die transaksies en aktiwiteite van ons oudit het nie, is dit waarskynlik dat daar baie meer soortgelyke WO's in plaaslike regering is. Ons het al hierdie areas van kwesbaarheid vir verantwoordelike beamptes en in ons algemene en spesiale verslae al baie keer voorheen uitgelig, aangesien die voorkoming van WO's meer effektief is as om daarmee te handel nadat dit reeds plaasgevind het.”
GEBREK AAN VERANTWOORBAARHEID VIR ONGEMAGTIGDE, ONREËLMATIGE, VRUGTELOSE EN VERKWISTENDE UITGAWES
Wetgewing gee die munisipale bestuurder en die raad die taak om ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes te voorkom, op te spoor, openbaar te maak en te hanteer. Daar is 'n goed gedefinieerde proses om hierdie tipe uitgawes deursigtig en konsekwent te hanteer, aangesien die bedrae en hoe dit hanteer is, in die finansiële state bekend gemaak word.
KWANTIFISERING VAN MATERIALE ONREËLMATIGHEDE BY MLM
Totale kumulatiewe bedrag, insluitend bedrae wat in finansiële state bekend gemaak is vir oudits wat nog uitstaande was op 31 Maart 2024.

Die aanstelling van finansiële konsultante teen hoë koste vererger die probleem van verkwistende uitgawes. Ten spyte daarvan dat hulle getaak is om te verseker dat MPM voldoen aan die Tesourie-regulasies om finansiële state aan die kantoor van die Ouditeur-generaal voor te lê, was dit weereens na die vereiste datum. Die Parlementêre Moniteringsgroep het bevind dat MPM teen 19 Maart nog steeds nie sy finansiële verslag vir ouditering vir die finansiële jare 2022/23 en 2024/25 ingedien het nie. MBF is ook bekommerd dat die diensvlakooreenkoms (SLA) met die diensverskaffer geen voorsiening maak vir die oordrag van vaardighede nie.
Die bedrag van R5,29-miljoen is verskwis op finansiele konsultante. Finansiële verslae vir ouditering vir die boekjare 2023/24 en 2024/25 is steeds nie ingedien nie.
Kerkstraat 18A | Frankfort | 079 145 4295 | info@mafubebf.org | www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.





Comments