top of page
  • Writer's pictureMBF

Mafube water - menseregte word steeds geskend

Die laaste paar weke het bestaan uit 'n gesukkel agv waterpype wat bars, water wat na parafien ruik, water wat onveilig verklaar is agv 'n te hoë vlak van e.coli, en die lys gaan aan.....


Vanaf vanoggend is die water van so aard dat mens skoon gril, net om daarna te kyk. Hierdie toestand staaf dit wat in Mafube Besigheidsforum (MBF) se verklaring van 18 Maart 2022 geskryf is: Mafube is nie in staat om sy grondwetlike pligte na te kom nie, en gaan voort om die regte van inwoners te misken. Selfs nadat Mafube ingelig was omtrent die onveiligheid van water in 'n aanmaningsbrief wat 16 Maart 2022 deur AfriForum op die munisipale bestuurder bestel was, was daar geen reaksie vanaf sy kantoor nie. Die gevaar wat die vuil water vir inwoners inhou, word dus steeds geignoreer.


Foto 1 wys water in Frankfort, vanoggend 20 Maart 2022, net na 8h00.

Foto 2 & 3 wys water in Frankfort, vanmiddag 20 Maart 2022, net na 15h00.


Dankie aan die wyksraadslid wat self na die daklose "plant" gegaan het. Terugvoer is dat die water daar op die oog af blyk om skoner te wees.


Dit is egter vir ons duidelik dat die verspreidingsnetwerk wel problematies/foutief is.

MBF het herhaaldelik aan die munisipale bestuur die onsinnigheid van "prepaid" watermeters uitgewys, gegewe Mafube nie eers die waterverspreidingsnetwerk kan instand hou nie. Ons gemeenskap word geforseer om vooruit vir water te betaal waarvan die beskikbaarheid en bruikbaarheid nie gewaarborg kan word nie.


Ironies genoeg, is Maandag 21 Maart Menseregtedag!



7 views0 comments
bottom of page