top of page
  • Writer's pictureMBF

ONBEANTWOORDE VRAE

Op Donderdagaand 13 Oktober is 'n openbare vergadering in die Frankfort-stadsaal gehou, oënskynlik om inwoners in te lig oor die pad vorentoe vir die munisipaliteit van Mafube. Ongelukkig is die vergadering letterlig in die donker gehou (daar was beurtkrag) en die swak akoestiek van die saal het dit vir die paar teenwoordiges moeilik gemaak om die verrigtinge te volg. Mikrofone was dus nie beskikbaar nie.


Foto: Mnr T van Rensburg, FV+; Mnr JL Ralebenya, MM; Mnr TI Motsoeneng, Burgemeester; Mr T Mkaza, Hoof van die ingrypingspan en Mr M Mokoena, Wyksraadslid, Wyk 5.


Die Munisipale Bestuurder, mnr. Josie Ralebenya het op sy bekende selfvoldane wyse die vergadering toegespreek en die bywoners probeer oortuig dat die rekeningstelsel van die munisipaliteit uitgesorteer is en dat inwoners en besighede vir munisipale dienste moet begin betaal. Geleentheid is gegee vir kommentaar, vrae en aanbevelings. Vrae en voorstelle was baie, maar die antwoorde waarop gehoop is, was min. Nóg die Munisipale Bestuurder, nóg die “administrateur” Mnr. Mkaza kon, of wou nie reguit antwoorde gee op eenvoudige vrae wat aan hulle gerig was nie. Mnr. Ralebenya het homself bewys as 'n meester ontwykinging en in die rondte praat.


Mafube Besigheidsforum (MBF) glo, soos voorsien in plaaslike regeringswetgewing, dat inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers 'n belangrike rol het om te speel in die herlewing van hul munisipaliteit en dat aktiewe deelname toegelaat moet word. Ongelukkig blyk dit dat amptenare rolspelers deelname hieraan ontneem. Die gebrek aan aanspreeklikheid, deursigtigheid en eerlikheid is gesien deur diegene wat hierdie "publieke-deelname"-geleentheid bygewoon het. Dit is duidelik uit die bywoning van verskeie van die munisipaliteit se gemeenskapsvergaderings dat die openbare vergadering geen werklike doel dien nie, aangesien geen notule gehou word nie en geen van die bekommernisse van inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers aangeteken is nie, nog minder om daarop ag te slaan en op te tree.


Om een voorbeeld te noem, is dat die munisipale bestuurder by 3 verskillende vergaderings daaraan herinner is dat die dorp Cornelia vir ongeveer 'n maand sonder water is, hierdie kwessie steeds deur hom ontken word. Selfs die petisie met 500 handtekeninge van Cornelia-inwoners word geïgnoreer. Vir die gemeenskap is betrokkenheid by hierdie vergadering van geen waarde.


WAT WOU U WEET?

MBF het 'n paar reguit vrae opgetel wat nog bevredigend deur mnre. Mkaza en Ralebenya beantwoord moet word. Ons nooi ook die publiek uit om hul vrae in die “comments” te plaas of om 'n WhatsApp of SMS-boodskap te stuur na 079 145 4295 te stuur, of e-pos na info@mafubebf.org

1 view0 comments
bottom of page