top of page
  • Writer's pictureMBF

SA IS OP DIE GRYS LYS - WAT IS DIE IMPLIKASIES?

Die Financial Action Task Force (FATF) is 'n waghond oor regerings, wat alle vorme van geldwassery en terrorismefinansiering bekamp. FATF het 'n evaluering van Suid-Afrika (SA) in die verband gedoen. In ‘n tweeledige beoordeling van die toereikendheid van SA se wetlike raamwerk en die doeltreffendheid waarmee wetgewing geïmplementeer word, is onlangs in ‘n gedetailleerde verslag bekend gemaak. Met SA het dit nie goed gegaan nie.


Die gepubliseerde verslag het ernstige tekortkominge in SA se beleide en pogings om geldwassery en terreurfinansiering te bekamp uitgelig. Die land se finansiële stelsel is reeds hoogs kwesbaar vir misdade van hierdie aard. Daar is bevestig dat SA op ‘n Grys Lys genoteer is vir verhoogde monitering en hom nou in die geselskap bevind van lande soos die Russiese Federasie, Suid Sudan, Nigerië, Sirië, Demokratiese Republiek van Kongo en Yemen! SA is die enigste G20 land wat op die Grys Lys verskyn.


Is dit nadeling vir ‘n land om op die Grys Lys te wees?


Grys Lys-lande vind dit moeilik om bykomende finansiering van wêreldliggame soos die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) en ander finansierders te bekom. Sulke lande kan ook gebuk gaan aan onder internasionale boikotte van ander lande. Dit plaas die ekonomie op die spel, met ernstige probleme wat die Grys Lys meebring, soos die afwaartse daling van die waarde van die Rand, inflasie en verhoogde handelstekorte. Grys Lys-notering is nie bemoedigend vir buitelandse beleggings nie, en SA se buitelandse beleggings sal as gevolg daarvan verminder. Om op die Grys Lys te wees, hou die risiko in dat sekere dienste van die land onttrek kan word: o.a. bank- en betalingsdienste wat nodig is vir handel, oorbetalings en ander oordragte en ekonomiese groei.


Hoe kan SA van die Grys Lys afgehaal word?


SA sal oor die volgende twee jaar moet bewyse moet lewer van daadwerklike stappe wat geneem is om geldwassery en finansiering van terrorisme te bekamp. Daar moet ook getoon kan word dat SA aanhou werk om verbeterings aan te bring om aan die FATF-vereistes te voldoen. SA se vermoë om korrupsie en ander finansiële misdade te beveg sal verwsterk moet word. Dit is hoofsaaklik tot voordeel van die land, sy ekonomie, sy finansiële stelsel, en ook vir die veiligheid en sekuriteit van die land se burgers.


Nasionale Tesourie sal veral daaraan moet werk om voort te gaan om geldwassery (en terreur finansiering) teen te werk deur stelsels in die finansiële sektor uit te brei, om vermeende risiko's wat hiermee verband hou, te verminder.


Wanneer sal SA se status hersien kan word, en wat gebeur intussen?


Die algemene verwagting is dat hersiening na drie jaar plaasvind, mits die tekortkominge wat verband hou met die toereikendheid van wette om geldwassery en terreurfinansiering te bekamp, aangespreek is.


Daar word verwag dat SA weer in 2027/28 ge-ëvalueer sal word. Of die politieke wil by die ANC-regering bestaan om die FATF-tekortkominge aan te spreek, te midde van die onlangse onthullings oor die betrokkenheid met korrupsie, sal net die tyd ons leer.




Besoek ons MBF-kantoor by Kerkstraat 18A, Frankfort, stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org of 'n WhatsApp na 079 145 4295. Volg MBF op Facebook en besoek ons webwerf www.mafubebf.org

1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page