top of page
  • Writer's pictureMBF

STERK SELFSTANDIGE GEMEENSKAPPE

Op 19 September 2022 is 'n onthaal gehou in die Frankfort omgewing, waar Kallie Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van AfriForum die gasspreker was.

Behalwe vir plaaslike sakelui, boere en gemeenskapleiers, het verteenwoordigers van sakeforums van Welkom, Balfour, Parys, Heilbron, Reitz, Bethlehem, Vereeniging en Vanderbijlpark ook die aand bygewoon. Wat duidelik na vore gekom het is dat die toestand van Mafube en ook ander munisipaliteite in SA nie uniek of eenvoudig is om te beredder nie. Meer nog dat klein pogings hier en daar nie 'n volhoubare impak het nie. Groter groeperings kan meer doeltreffende impak maak wanneer projekte aangepak word.



'n Paneel bestaande uit Kallie Kriel, Jannie Schabort en Quintin Antunes het die aand afgesluit met insiggewende antwoorde op vrae wat uit verskeie oorde gekom het. Regstegniese vrae was behartig deur een van Afriforum se top regskenners, Morné Mostert.

Foto: Jannie Schabort, Vooristter MBF; Quintin Antunes, Voorsitter DLU en Kallie Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte, AfriForum. Invoegsel: Morné Mostert, Hoof van Plaaslike regering, AfriForum.


Besoek MBF te Kerkstraat 18A, gedurende besigheidsure, Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h30 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295; e-pos: info@mafubebf.org; www.mafubebf.org of volg ons op Faceboek.

1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page