top of page

TESOURIE STEL VOORWAARDES VOOR VERDERE UITBETALINGS AAN MAFUBE

  • Writer: MBF
    MBF
  • Jul 14
  • 2 min read

In ‘n skrywe van 30 Junie aan die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, het die Minister van Finansies, Enogh Gogondwana, die voorneme van Die Nasionale Tesourie (NT), om artikel 216(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Grondwet) in te roep teen 39 munisipaliteite wat voortdurend versuim het om aan die maatreëls wat in artikel 216(1) van die Grondwet bepaal word, te voldoen.

Enogh Gogondwana, Minister van Finansies
Enogh Gogondwana, Minister van Finansies

Advies geingnoreer

Alhoewel Mafube Besigheidsforum (MBF) menige skrywes gerig het om Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) te waarsku teen die goedkeuring van onbefondse begrotings en die onwettigheid daarvan, was dit geignoreer. Die kwessie was ook tydens die LUR, Saki Mokoena, se besoek aan Mafube, op 24 Junie onder sy aandag gebring in die teenwoordigheid van die Burgemeester van Mafube, Thloare Motsoeneng. Hy (die burgemeester) het geen redes of verduideliking verskaf nie. Dit is dus geen verassing dat MPM onder die 39 tel nie.


Artikel 216(2) van die Grondwet bepaal dat ‘die Nasionale Tesourie die maatreëls wat ingevolge subartikel (1) ingestel is, moet afdwing en die oordrag van fondse na 'n staatsorgaan kan stop indien daardie staatsorgaan die maatreels volhoudend oortree’.


Verminderde fondse benadeel gemeenskap

'n Soortgelyke benadering sal gevolg word vir die munisipaliteite wat volhou met onbefondsde begrotings. Verder sal al 39 munisipaliteite vereis word om bewys te lewer dat SAID, pensioen en ander personeelvoordele wat van die salarisse van munisipale amptenare afgetrek is, binne die voorgeskrewe tydperk aan die toepaslike instelling oorbetaal is. Die bestuur van MPM moet voldoen aan hierdie voorwaarde binne 7 dae vanaf ontvangs van die NT aanmaning d.w.s. voor of op Maandag 7 Julie. In ag genome die massiewe skuld aan die munisipale werkers pensioenfonds van R 239-miljoen, is dit onwaarskynlik dat MPM die sperdatum sal kan eerbiedig. Indien MPM nie voldoen aan die NT voorwaardes nie, sal die munisipaliteit hul gedeelte van die gelykheidsaandeeltoekenning (Equitable Share Grant) van rondom R35-miljoen verbeur. Hierdie verminderde inkomste sal ‘n wesenlike impak op dienslewering vir die gemeenskap he.


MBF | Kerkstraat 18a | Frankfort | 079 145 4295 | info@mafubebf.org | www.mafubebf.org  | Facebook.

Comments


bottom of page