top of page
  • Writer's pictureMBF

VOORAFBETAALDE WATER, EN STEEDS R6-MILJ VERLIES

Nasionale tesourie het onlangs ‘n Status Quo verslag vir Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) publiseer. Die gebrek aan finansiële bestuur, oorsig en leierskap word hierin beklemtoon.

‘n Skokkende bevinding is dat die munisipaliteit vir watervoorsiening 'n verlies van R 6 192 881.00 gely het – aldus finansiële state vir 2021/22. Dit nadat R15 miljoen aan voorafbetaalde (“prepaid”) watermeters bestee is. Enigiemand wat die watermeter-saga onthou sal weet dat Mafube Besigheidsforum (MBF) sterk gekant was teen hierdie ondeurdenkde projek. MBF het gewaarsku dat die beloofde inkomste uit waterverkope nie sou realiseer nie en na ons mening dit beter aangewend kon word om die waterinfrastruktuur te verbeter. 1476 Meters wat oor die algemeen in werkende toestand was, is vervang met die “prepaid meters” terwyl daar steeds meer as 2 000 huishoudings is waar daar geen meters bestaan nie.



Die SQ verslag toon verder dat soveel as 42% van water ontvang deur MPM, verlore gaan deur gebrek aan beheermaatreëls om verspreidingsverliese van reeds-gesuiwerde water te bekamp. Verliese het toegeneem van R 44 020 101.67 in die boekjaar 2021, tot R46 403 741.36 in 2022.

Watervoorsiening is minder gesofistikeerd as elektrisiteitsvoorsiening. Verbasend dan, terwyl MPM groot verliese ly met watervoorsieningdienste, amptenare en politici daarvan oortuig is dat hulle die elektrisiteitsvoorsienings netwerk kan bedryf!

Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

0 views0 comments
bottom of page