top of page
  • Writer's pictureMBF

VRYSTAATSE DORPE WERK SAAM

Op Woensdag 10 April, het verteenwoordigers van 3 ander Vrystaatse dorpe in Frankfort bymekaar gekom vir ‘n mini-beraad om hul ondervindinge te deel en gesamentlik voorgestelde oplossings te bespreek om agteruitgang in hul dorpe te stuit en om ekonomiese groei te bewerkstellig.



Jannie Schabort, voorsitter van Mafube Besigheidsforum (MBF) het die spanne van Bothaville, Brandfort en Reitz verwelkom en die werksessie afgeskop deur te verduidelik hoe die forum tot stand gekom het en watter suksesse behaal was gedurende die afgelope 5 jaar.


Goeie idees is nie die oplossings nie. ‘n Goeie idee, navorsing, uitvoerbare planne en samewerking is ‘n paar sleutelbegrippe wat uitgelig was. ‘n Gemeenskap wat saamstaan en saamwerk is ‘n groot gedeelte van die antwoord. In plaas van kla oor ‘n slaggat, vra eerder hoe kan jy help om die probleem te oorbrug. By wyse van spreke, as elkeen ‘n baksteen neersit, het mens kort voor lank ‘n muur. Maar as almal net bly kla, sal ‘n muur waarskynlik nooit gebou word nie.


Chris Bosch het afgesluit met ‘n opgesomde verduideliking oor die rol wat die toestand en werking van die elektrisiteitsverspreidingsnetwerk van ‘n dorp, in ‘n gemeenskap speel. Die noodsaaklikheid van die regte tegnologie, sisteme en beplanning is uitgelig. Die impak van ononderbroke kragvoorsiening is voor die hand liggend vir besighede en industriele gebiede. En ja huishoudings voel ook die impak van beurtkrag, veral as mens dink aan die winter wat voorlê.

Dit is duidelik dat die uitdagings wat in Mafube en omstreke ervaar word nie uniek is nie, en daarom is dit noodsaaklik om oplossings te vind wat elders ook geinplimenteer kan word.  Maar dit is die mooi van die proses, elke probleem skep die geleentheid vir inovasie, nuwe paaie wat oopgekerf en nuwe skatte wat ontdek kan word.


Indien u of u besigheid nie reeds ‘n lid is nie, besoek ons MBF-kantore by Kerkstraat 18A Frankfort of e-pos info@mafubebf.org of WhatsApp-boodskap/bel 079 145 4295. Besoek ons ​​webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

9 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page