top of page
  • Writer's pictureMBF

Vrystaatse paaie bly gevaarlik - R42.5-milj toelaag gaan na ander provinsie

Op 18 Maart 2022 het twee ongelukke op die R26 tussen Frankfort en Tweeling plaasgevind. Na wat berig word was daar dieselfde middag ook ‘n derde ongeluk vir die dag op die pad, tussen Tweeling en Reitz. Baie mense sal dit toeskryf aan ‘n gebrek aan bestuursvernuf, maar Mafube Besigheidsforum (MBF) glo die probleem lê dieper. Die paaie in Mafube is die toenemend besig om te versleg, selfs al het boere, inwoners en die taxi assosiasie van Mafube moeite en privaat instandhouding gedoen, om die probleem plaaslik te probeer stuit.

Dit is ook duidelik uit die aantal ongelukke dat die tydelike ryvlak wat voorsien word nie veilig is nie.


‘n Skokkende onthulling is dat 'n instandhoudingstoelaag van R45.2-miljoen wat bestem was vir Vrystaatse paaie, deur die nasionale tesourie nie an die Vrystaat toegeken is nie. Die rede vir die Minister van Finansies se besluit is waarskynlik omdat die provinsie nie die regte bestuursmaatreëls in plek gehad het nie, en so nie hulle verpligtinge nagekom het nie. Volgens Tesourie kennisgewing No. 1794 is hierdie fondse geherallokeer na ander provinsies ingevolge die Wet op Verdeling van Inkomste.


Mnr. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sê dat die besluit roekeloos en totaal onaanvaarbaar is. “Oorstromings gedurende die 2021/2022-reënseisoen het nie net boere se oeste verwoes nie, maar ook die Vrystaatse paaie-infrastruktuur.” Daar word nou geëis dat die minister bekend maak wat hom aangespoor het om die betaling van infrastruktuurtoelae aan die Vrystaatse Paaie departement te staak. Dit kan heel moontlik lig werp op onbevoegdheid/onreëlmatighede by die departement waarvoor amptenare en politici aanspreeklik gehou moet word.


Van die ander probleme wat Mnr. Wilken uitgelig het, is die onkundigheid, onvermoë en gebrek aan verantwoordbaarheid onder provinsiale beamptes. Daar is gebrekkige toesig oor swak opgeleide werkers en operateurs, wat nie instandhouding behoorlik kan doen nie. Ten spyte hiervan, maak salarisse 80% van die Vrystaatse paaiedepartement se jaarlikse begroting uit; dus bly daar bitter min oor om die nodige werk te doen.


Soos telke male deur MBF berig was, is goeie padinfrastruktuur absoluut noodsaaklik om ons ekonomie weer op dreef te kry.


MBF bly daartoe verbind om die gemeenskap by te staan. Maak ons hande sterk in hierdie stryd en sluit by ons aan.



Besoek ons kantore by Kerkstraat 18A gedurende besigheidsure, op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae van 08h00 tot 12h30, of kontak Marina op WhatsApp by 079 145 4295 of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org #mafube #mbf #mafubebusinessforum #mafubebesigheidsforum #frankfort #tweeling #reitz #r26 #paaie #padwerke #vrystaat #freestate

1 view0 comments
bottom of page