top of page

Waarom is Mafube se Burgemeester nie afgedank nie?

  • Writer: MBF
    MBF
  • Sep 5
  • 2 min read
Thloare Motsoeneng - Photo FaceBook
Thloare Motsoeneng - Photo FaceBook

Baie bespiegelings was gemaak toe die ANC se Provinsiale Uitvoerende Raad in die media aagekondig het dat ses Vrystaatse burgemeesters afgedank of vervang sou word as gevolg van kroniese swak dienslewering in hul onderskeie munisipaliteite. Mafube tel ook onder dié, maar tot op hede was daar nog geen afdankings of dissiplinêre stappe geneem waarvan ons bewus is nie. Selfs by Ngwathe (Parys) waar die Hooggeregshof beveel het dat die Raad ontbind moet word, klou Victoria De Beer-Mthombeni verbete vas aan haar voorregte en wil appelleer teen die uitspraak wat ‘n kostebevel teen haar insluit. Sy het amper geen kans om daarin te slaag nie.


Wat doen ‘n burgemeester?

Munisipale burgemeesters tree op as die politieke, administratiewe en uitvoerende leier van 'n stad of dorp. In ‘n goed-funksionerende munisipaliteit hou burgemeesters toesig oor plaaslike regeringsbedrywighede, bestuur die begroting en verseker die voorsiening van noodsaaklike dienste soos openbare veiligheid en nutsdienste. Hulle dien ook as openbare verteenwoordigers, bevorder ekonomiese ontwikkeling en het dikwels 'n seremoniële rol deur die gemeenskap by geleenthede en op 'n groter verhoog te verteenwoordig.

In ‘n wanfunksionele munisipaliteit soos Mafube “regeer” die burgemeester gewoonlik as deel van ‘n troika, saam met die Spreker (Speaker) en Hoofsweep wie gewoonlik ondemokraties en in geheim besluite neem. Die besluite kry dan bietjie later die raad se stempel van goedkeuring. Dikwels word hierde besluite deur opposisie Raadslede ondersteun, omdat hulle eerder “saamstem” as om hul eie vergoeding en eie voordele te verswak.


Ten spyte van die beloftes gemaak deur die heersende party dat dienslewering aan gemeenskappe ernstig opgeneem word en dit die rede is waarom die burgemeestes van die 6 Vrystaatse munisipaliteite afgedank of vervang sou word, is dit te betwyfel of dit werklik sal gebeur. Die haglike toestand by hierdie munisipaliteite het te midde van groot beloftes oor die laate 3 jaar nie verbeter nie, soos bevestig in hierdie nuusberig van 2022: https://www.youtube.com/watch?v=_LqdvGD-Wgs


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers om ons kantore te Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons ​​webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook. 

 

 

Comments


bottom of page