top of page
  • Writer's pictureMBF

WAAROM IS 'N GEINTEGREERDE AFVALBESTUURSPLAN (IWMP) SO BELANGRIK ?

In Mafube, soos in baie ander munisipaliteite in Suid-Afrika het dienslewering in duie gestort, tot nadeel van gemeenskappe en die omgewing. 'n Onstellende voorbeeld is die ineenstorting van die stortingsterrein van Villiers. Daar is in 2018 meer as R18 miljoen bestee aan die oprigting van ‘n moderne fasiliteit wat volgens die mees aanvaarbare praktyk bedryf kon word. Hierdie terrein het intussen heeltemal verval - rommel word nou in die pad gestort, tot 1 km van die terrein af en tot by die R26. Die stortingsterreine by ander dorpe in Mafube is in ‘n selfs slegter toestand – die terreine voldoen nie aan wetgewing nie en beskik nie oor die verpligte lisensies nie.


Fig. 1: Afvalbestuurhiërargie.


In 2008 is ‘n belangrike mylpaal behaal toe die Afvalwet (Waste Act No. 59 of 2008) afgekondig is. Die wet behels die konsolidering van afvalbestuur in 'n poging om gemeenskaplike doelwitte te bereik, ook in SA.


Die Afvalwet aanvaar ‘n afvalbestuurhiërargie-benadering om afvalkwessies in die land te hanteer en aan te spreek. Die klem val op afvalvermindering, hergebruik, herwinning en kompos, skep van energie, met wegggooi as die laaste uitweg soos geïllustreer in Fig. 1.:

Die ontwikkeling van IWMP's is nou verpligtend soos bepaal in die Afvalwet, wat vereis dat munisipaliteite hul IWMP's in hul Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne (ISPs) moet integreer om te verseker dat afvalbestuursdienste in lyn is met ander noodsaaklike basiese dienste soos water en sanitasie, behuising en elektrisiteitsvoorsiening. Die wet vereis dat ‘n spesifieke gedeelte van die “Equitable Share Grant” begroot moet word vir die volhoubare bestuur en lewering van afvaldienste. Verder word daar van munisipaliteite verwag om die implementering van hul IWMP's in hul jaarlikse prestasieverslae in te sluit – daar is ernstige twyfel of Mafube in hierdie verband voldoen.


Vennootskappe moet by IWMP's ingesluit word


Die Departement van Omgewingsake en provinsiale sub-departemente verskaf riglyne aan plaaslike regerings om hul IWMP's te ontwikkel en die belangrikheid van vennootskappe in die proses te erken. Die figuur hierbo illustreer dat gemeenskappe 'n belangrike rol het om te vervul en daarom is gesprekke verpligtend. Munisipaliteite kan saamwerk met die geïdentifiseerde belanghebbendes:

Openbare-private-vennootskappe (PPP's): kan gevorm word deur voorstelle van belanghebbende partye te vra om aan te dui hoe hulle spesifieke rol in afvalbestuur kan speel.

  • Bruikhuurkontrakte: in hierdie tipe vennootskap sal 'n munisipaliteit grond aan Koöperasies of 'n private maatskappy verhuur om 'n terugkoopsentrum te vestig ten einde herwinning uit te voer;

  • Privatisering: van 'n vullisversamelingsdiens d.w.s. die vervoeraspek na die diens / oordrag van eienaarskap waardeur 'n bestuurder-eienaarskema in plek kan wees. 'n Vragmotor word deur ‘n persoon bestuurder die diens word namens die munisipaliteit gelewer.

  • Gesamentlike ondernemings: In 'n wye verskeidenheid van gebiede, soos in die bedryf van 'n afvalstortingsterrein, of in die bou van 'n afvalverwyderingsfasiliteit waar 'n privaat maatskappy verantwoordelik sal wees vir die projek of spesifieke aspekte daarvan.

Die vorming van PPP's vir die implementering van IWM-planne moet aangemoedig word, want die koste van toerusting en salarisse word so aansienlik verminder en doeltreffendheid word verhoog. In Mafube, kan die huidige situasie rondom rommelverwydering en stortingsterreine nie langer geduld word nie.


Besoek MBF by 18 A Kerkstraat, Frankort, stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org of WhatsApp 079 145 4295. (www.mafubebf.org).

0 views0 comments
bottom of page