top of page

Water: Beweeg ons vorentoe of agtertoe?

  • Writer: MBF
    MBF
  • 11 minutes ago
  • 2 min read

Is ons oppad terug na die oertyd toe? Moet mense in die 21ste eeu regtig weer op rivierwater in 'n emmer staatmaak omdat die regering van die dag nie algemeen aanvaarde moderne praktyke kan hanhaaf en instandhou nie?Besorgheid bestaan oor die huidige waterkrisis in Mafube. Inwoners het basies drie keuses: bruinwater, water met te veel chemikalieë in, of geen water nie. Die water in die krane is soms “modderig” en ander kere het dit ‘n skerp reuk van chemikalieë. Hierdie situasie het ernstige gesondheidsrisiko's tot gevolg, veral vir ouer mense en babas, en inwoners kla oor veluitslag as gevolg van hoë chemikalie-dosering.Mafube het steeds nie 'n laboratorium om water toetse te doen nie, en inwoners is afhanklik van privaat organisasies om die kwaliteit van water te toets. Ondanks miljoene rand wat in 2025 aan waterinfrastruktuur spandeer is, is die watervoorsiening onbetroubaar, wat spanning en onsekerheid in die gemeenskap veroorsaak.Die gebrek aan skoon water dra by tot gebrekkige gesondheid, soos aangedui deur sigbare verhogings in medikasieverkope vir maag- en urienweginfeksies. Inwoners word aangemoedig om gebottelde water te gebruik, handhigiëne te handhaaf, en kraanwater te kook voordat dit gedrink word.


Wenke:

  • Gebruik gebottelde water vir kosmaak,

  • Handhigiëne deur gereeld hande te was,

  • Kook kraanwater voor dit vir inname gebruik word,

  • Gebruik voordurend 'n pro-biotika om jou maag se gesondheid aan te help - praat met jou dokter of apteker,

  • En as 'n laaste opsie, ontsmet water met blykmiddel, met deeglike sorg om die korrekte dosering te waarborg.


Higiëne is altyd belangrik, maar om die ander gebruike as 'n verpligting te aanvaar ter wille van die handhawing van basiese gesondheid, is absurd.


MBF | 18A Kerkstraat | Frankfort | 079 145 4295 | www.mafubebf.org | info@mafubebf.org | volg ons op Facebook

Comments


bottom of page