top of page
  • Writer's pictureMBF

WATER GEHALTE IN DIE VAALDAM OPVANGSGEBIED

Vaaldam Reservoir Opvangsgebied Forum het op 24 Nov in 'n algemene vergadering te Deneysville digby die wal van die Vaaldam gehou, om spesifiek die kwessie van waterkwaliteit in die Vaaldamopvangsgebied te bespreek. Jacques Jansen van Vuuren, Voorsitter van die Forum het die vergadering gelei. Chris Morgan, Streekskoordineerder Hooglandgebied het Afriforum verteenwoordig. Verskeie amptenare van DWS en Rand Water was teenwoordig, sover as vanaf Pretoria. Die gasspreker was Dr. Johan Tempelhoff van Noordwes Universiteit, wat met lof gepraat het oor die werk en funksionering van die Forum. Hy het gesê dat die voorbeeld wat hierdie forum stel 'n "benchmark" is wat ook deur ander Opvangsgebiedforums nagevolg word. Opvangsgebiedforums word erken in die Waterstelselswet as verteenwoordigend van gemeenskappe en belanghebbendes.

Op die vergadering is Rand Water laboratorium resultate vir elke toetsarea deurgegee en bespreek. Daar is breedvoerig bespreek watter opknappingsplanne beraam is en wat die vordering daarvan is. Nie alle projekte is op skedule nie en munisipale areas met groot probleme, soos Mafube en Metsimaholo se munispale verteenwoordigers was nie teenwoordig nie, wat strydig is met DWS regulasies.

Daar het heelwat visse in die Lekwa munisipale gebied gevrek. Dit was egter nie net a.g.v. besoedeling nie, maar wel a.g.v. die vinnige temperatuurwisseling wat einde Okt, begin Nov gebeur het en 'n suurstof tekort in die water veroorsaak het. 'n Ander geval was palmolie wat naby Vrede in water beland het. Dit was a.g.v. 'n dieseltrok wat 'n ongeluk gehad het en palmolie in die spruit gestort het. Spilltech het dit onmiddelik opgevang en verspreiding gestop. Geen noemenswaardige skade was aangerig nie.

Dr Tempelhoff het uitgewys dat sanitasie die grootste uitdaging in die omgewing is. Die hoeveelheid water wat beskikbaar gestel moet word is ook besonder hoog, as gevolg van die verhoogde aanvraag. Dr Tempelhoff het verwys na Prof Kader Asmal wat met die ontwikkeling van beleide en wetgeing die belangrike stelling gemaak het: "Water for all, for ever".

In die vrae en antwoordsessie het is kwellende vrae gevra rakende in opgradering van rioolwerke, maar die gebrek aan onderhoud daarvan. Ook in daar gevra of drinkwater wat met JoJo-tenks aangery word, veilig vir menslike gebruik is. Die antwoord was eenvoudig dat dit aanvaarbaar is as die maatskappy wat die water aanry voldoen aan die voorgestelde reels en regulasies wat higiëne aanbetref. Kommer hieroor is uitgespreek dat sommige politici en amptenare voordeel trek uit infrastruktuur probleme omdat hulle of hul vriende watertenkers besit en gunstige kontrakte vir hulself organiseer.

As mens terug kyk na die vergadering kan mens dankbaar wees oor die goeie werk wat die betrokke amptenare van Rand Water en DWS doen. Wat kommerwekkend is dat daar vele munisipale amptenare steeds hulle verpligting om vergaderings by te woon ignoreer.

Opvangsgebied forums is oop aan enigiemand wat belange daarby het. MBF sal aanhou om kwaliteitsverslae te monitor en forum vergaderings by te woon.






4 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page