WATERKRISIS – MISLUKKING EN DISFUNKSIE
- MBF

- 2 days ago
- 1 min read

Die Mafube Besigheidsforum (MBF) glo dat die Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) nie die kapasiteit of politieke wil het om volhoubare waterdienste aan die gemeenskap te lewer nie. MPM ignoreer herhaaldelik aanbevelings van regerings- en burgerlike instellings, en versuim selfs om hofbevele na te kom.
Verslae en bevindinge wat grootliks geïgnoreer word sluit in:
Rand Waterkwaliteitsverslae
Departement van Water en Sanitasie se Blou-, Groen- en Geen-Druppel-verslae
SA Menseregtekommissie-verslag
Parlementêre Komitee-verslag
Vrystaatse Wetgewer-ondersoek
Ministeriële Vaalrivier-anti-besoedelingsforum
Hooggeregshofbevele van 8 Julie en 11 September 2025
MBF het praktiese aanbevelings gemaak wat onmiddellik geïmplementeer kan word, insluitend:
Ontwikkeling van ’n Water- en Sanitasie-meesterplan
Aanwysing van ’n WSP via ’n Openbare-Private Vennootskap
Fezile Dabi Distriksmunisipaliteit as implementeringsagent vir nuwe projekte
Opleiding van operateurs en prosesbeheerders
Aanstelling van ’n Tegniese Direkteur
Strenger verantwoordbaarheid en gevolgbestuur
’n Verskanste water- en sanitasie-inkomsterekening
Stigting van ’n infrastruktuurontwikkelingsfonds
Die voortdurende mislukking van MPM is onaanvaarbaar. MBF sal regsprosesse voortsit om die munisipaliteit en sy bestuur aanspreeklik te hou, wat aansoeke vir minagting- en persoonlike kostebevele kan insluit.
Kontak MBF: Kerkstraat 18A, Frankfort | Tel/WhatsApp: 079 145 4295 | www.mafubebf.org | info@mafubebf.org | Facebook





Comments