Wysigings van Waterwet skep moontlik spasie vir private deelname
- MBF
- 5 days ago
- 2 min read

Dit is alombekend dat die bestuur van Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) nie oor die vermoëns beskik om dienste aan die gemeenskap te lewer nie, veral nie in terme van watervoorsiening en die bestuur van rioolaanlegte nie. Verskeie hofbevele bestaan reeds wat geignoreer word en selfs die verslag wat deur die hooggeregshofbevel van 25 Maart verlang word, voldoen nie aan vereistes nie.
Dit is bemoedigend dat daar wysigings op pad is vir die Nasionale Waterwet. Soos dit tans by onder andere Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) bestaan, tree die munisipaliteit op as beide ‘n Waterdiensowerheid (WSO) en Waterdiensverskaffer (WSV). Een van die voorstelle wat oorweeg word is die onderskeid tussen hierdie entiteite wat "privatisering" aanmoedig en mooi inpas met die Privaat Publieke aGemeenskap Venootskap (PPCP) wat Mafube Besigheidsforum (MBF) as oplossings voorstel.
Plaaslike watervoorsienings- en sanitasiedienste is 'n funksie waaroor munisipaliteite uitvoerende gesag het (Artikel 156 en Bylae 4 Deel B van die Grondwet).
Vir munisipaliteite onderskei die Waterdienstewet tussen die rolle van die Waterdienste-owerheid (WSO) en die Waterdiensverskaffer (WDV).
Die WDV-funksie kan slegs aan 'n munisipaliteit toegeken word.
WDV's kan enige regsentiteit (munisipaliteit, munisipale entiteit, 'n ander munisipaliteit, diensteorganisasie sooos ‘n nie-regerings owerheid, staatsorganisasie, privaat maatskappy of waterraad) goedkeur om as 'n WDV in die munisipaliteit te funksioneer.
Byna alle munisipaliteite is tans beide WDO's en WDV's, nadat hulle hulself as enigste WDV goedgekeur het.
Die Waterdienstewet vereis dat WDO- en WDV-funksies afsonderlik deur munisipaliteite bestuur en verantwoording moet doen – wat nie tans gebeur nie.
Die sleutelrol van WDO's is om te verseker dat WDV's dienste lewer wat aan minimum norme en standaarde voldoen – wat nie tans gebeur nie.
Verwysing: Aanbieding deur Dr. Sean Phillips, die Direkteurgeneraal van DWS aan die WSSLG. November 2023.
MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.
コメント