

THINK GLOBAL
ACT LOCAL
Mafube Besigheidsforum
Verandering is noodsaaklik
MBF het 3 probleem-areas geïdentifiseer wat eerste oorkom moet word:
-
Plaaslike regering
-
Werkskepping
-
Omgewing
Photograph by local photographer
Marica Meades

Plaaslike Regering
Die behoefte bestaan om positiewe verandering te bewerkstellig in die manier waarop plaaslike regering werk, en 'n meer besigheidsvriendelike omgewing te skep. Soos in soveel gevalle regoor Suid-Afrika, ly die gemeenskap van Mafube onder 'n wanfunksionele munisipaliteit wat hopeloos bankrot is en nie in 'n posisie is om dienste aan die gemeenskap te lewer soos dit verplig is om te doen, ingevolge Artikel 153 van die Grondwet, nie. Ten spyte van regerings- ingryping sedert 2017, was daar tot dusver min tot geen verandering in die situasie, wat steeds 'n ernstige uitwerking op die lewens van ons mense het.
01
Photograph by local photographer
Candid Click Photography

Werkskepping
Mafube is ook nie uniek wanneer dit kom by sy onaanvaarbare hoë werkloosheidsyfer nie. Om hierdie rede is die skepping van permanente plaaslike werksgeleenthede en geleenthede vir entrepreneurs uiters belangrik. Daar is meer as genoeg jongmense, gretig en opleibaar in Mafube. Hulle het egter amper geen vooruitsigte om plaaslik winsgewende werk te kry nie, en moet oor die algemeen wegbeweeg van hul families na gebiede waar die vooruitsigte nie noodwendig beter is nie.
02
Photograph from
Pexels

Omgewing
Die mislukkings van plaaslike regering in ons streek het 'n direkte en beduidende nadelige uitwerking op veral die waterbronne binne ons streek. Mafube Plaaslike Munisipaliteit word beskou as die grootste besoedelaar van die Bo-Vaalrivier opvangsgebied, as gevolg van sy onvermoë om behoorlik te werk en sy infrastruktuur in stand te hou. Die sosio-ekonomiese omstandighede van die meerderheid inwoners in ons area dra verder by tot omgewingsagteruitgang as gevolg van onkunde en apatie. Selfs in die meer gegoede gebiede is omgewingsbewustheid grootliks afwesig. Dit is moontlik te wyte aan ‘n gebrek aan bywette en die toepassing daarvan, gepaardgaande met met 'n traak-my-nie-agtige-houding wat veroorsaak word deur 'n gevoel van hopeloosheid.
03
Photograph by local photographer
Lelia Estebeth
Volg ons
Blog