top of page
  • Writer's pictureMBF

KALLIE KOM KUIER IN MAFUBE

Updated: Oct 7, 2022

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum glo met gemeenskapsbetrokkenheid en die toepassing van die regtebeginsels, kan munisipaliteite in klein dorpies gehelp word en dorpe gered word.

AfriForum is landswyd aktief betrokke om gemeenskappe te versterk deur mense op grondvlak te mobiliseer om munisipaliteite beter te laat funksioneer.

'n Munisipaliteit is veronderstel om 'n gesonde om gewing te skep en in stand te hou waarin besighede winsgewend en volhoubaar bedryf kan word tot voordeel van die gemeenskap.

Kallie Kriel gaan sy insig op 'n praktiese wyse deel wanneer hy Mafube op 19 Sept by SIESTA, naby Frankfort, besoek. Alle lede van die gemeenskap is welkom.



Foto: Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Kontak MBF by info@mafubebf.org of skakel/WhatsApp +27 79 145 4295

1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page