top of page
  • Writer's pictureMBF

BURGERLIKE ORGANISASIES IN OPENBARE DEELNAME

In die Frankfort Herald van Vrydag 12 Augustus kan lesers 'n kennisgewing sien waarin gevra word vir nominasies vir 4 lede van 'n Intervensie Ad Hoc-komitee. Dit is die gevolg van 'n ooreenkoms wat tussen Mafube Besigheidsforum (MBF) en die Hoof Provinsiale EXCO-verteenwoordiger bereik is, om 'n advieskomitee te stig waar plaaslike organisasies verteenwoordig word en by die besluitnemingsproses betrokke sal wees. Die rol van hierdie komitee is grootliks gebaseer op die “Mafube Stakeholder's Compact” van 2019, wat op sy beurt gebaseer was op studies wat in die veld van openbare administrasie gedoen is, veral dié van mnre. Mukamunana en Brynard wat in 'n 2005-artikel aanvoer dat burgerlike organisasies baie effektief is in openbare deelname.

Hulle argument is gebaseer op vier redes:

1. die gemeenskap het die vermoë om burgers te mobiliseer om aan prosesse deel te neem in rakende plaaslike regeringsbesluite; 2. deursigtigheid word verbeter as die gemeenskap betrokke is en inligting oor regeringsbeleide kan deurgegee word; 3. die burgerlike samelewing kan so bydra tot die kwaliteit en doeltreffendheid van openbare dienste en uitgawes; en 4. gemeenskapsorganisasies speel 'n beduidende rol as 'n katalisator van ekonomiese, politieke en samelewingsverandering.



Die burgerlike samelewing het in die verlede 'n invloed uitgeoefen in die formulering en implementering van openbare beleid. Regeringsfunksies en –aktiwiteite kan ook deur die organisasies verrig word en kans dus aanspreeklikheid in die openbare sektor afdwing.

Die Grondwet en ander wetgewing maak voorsiening vir 'n demokratiese en oop vorm van bestuur. Wetgewing maak verder voorsiening vir die maak van reëls en bevele rakende verteenwoordigende demokrasie, deursigtigheid, aanspreeklikheid en deelname. Die meeste van die wetgewing versterk grondvlakdeelname deur die konsep van “ontwikkellende” plaaslike regering bekend te stel. Openbare deelname aan die beleidmakingsproses kan as 'n hoeksteen van die samelewing beskou word. Dit is nie net 'n morele verpligting nie, maar ook 'n grondwetlike een. Gemeenskapsdeelname by die plaaslike regeringsfeer is in verskeie wetgewende raamwerke verskans.

MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers om ons kantore te Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org

7 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page