top of page
  • Writer's pictureMBF

COVID in afvalwater?


Daar is onlangs in die media berig dat die Mediese Navorsingsraad (MNR) na toetse by 29 aanlegte in die Wes-Kaap, bevind het dat die Delta-variant van die koronavirusteenwoordig is in die rouwater wat by 25 van hierdie aanlegte behandel word.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het egter in 'n verklaring die publiek die versekering gegee dat die spoor van die Delta-variant van die koronavirus wat in afvalwaterbehandelingsaanlegte gevind word, nie aan mense oorgedra kan word nie.

Daarbenewens, volgens die Omgewingsbewaringsagentskap (EPA) in die VSA, kan die koronavirus met standaardontsmettingspraktyke by rioolwerke behandel word. Die virus se voortbestaan hang gewoonlik van die temperatuur, konsentrasie van soliede en organiese materie, die pH-vlak en die hoeveelheid van ontsmettingsmiddel wat gebruik word, af. Dus bestaan daar 'n eenvoudige oplossing voor en kan die virus in gemelde omgewing of medium uitgewis word deur behoorlike behandeling volgens die agentskap aangehaal.

Mafube Besigheidsforum (MBF) bly uiters besorg oor Mafube se swakbestuur van rioolstelsels en -werke, waar vandaar voldoende bewyse bestaan en soos uitgewys word in die periodieke water kwaliteitsverslae. Ten spyte van ons skrywe aan die Munisipale Bestuurder, gereëlde direktiewe vanaf die Departement van Water en Sanitasie (DWS) en selfs intervensie deur die SA Menseregtekommissie, is daar steeds geen verbetering te bespeur nie en gaan riool storting onverpoosd voort - besigting die videos wat hierdie week nog geneem was op MBF se Facebookblad.

MBF nooi inwoners, besigheidseienaars en belastingbetalers uit om ons kantore te besoek by Kerkstraat 18A Frankfort, gedurende ons besigheidsure, Maandae tot Donderdae vanaf 08:30 tot 16:00, Vrydae vanaf 08h30 tot 12h30. Kontak ook Marina per WhatsApp by 079 145 4295 of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org

0 views0 comments
bottom of page