top of page
  • Writer's pictureMBF

DIE NASIONALE MINIMUMLOONVEHOGING VIR 2024


Die Nasionale Minimumloon (NMW)-aanpassing is in die Staatskoerant van 2 Februarie 2024 aangekondig en tree in werking op 1 Maart 2024. 'n Minimumloon is die laagste vergoeding wat werkgewers wettiglik hul werknemers kan betaal vir elke gewone uur gewerk. ‘n Laer vergoeding sal dus onwetting wees.

Die NMW-kommissie bestaan ​​uit verteenwoordigers van georganiseerde arbeid, besigheid, gemeenskap en kundiges op die gebied van arbeidsmark- en indiensnemingsvoorwaardes. Dit het 3 voorstelle vir die 2024-verhoging vir die NMW oorweeg. Faktore wat deur die Kommissie in die jaarlikse aanpassing oorweeg word, sluit in:

•      inflasie;

•      die lewenskoste en die behoefte om die waarde van die minimum loon te behou;

•      loonvlakke en kollektiewe bedingingsuitkomste;

•      Bruto Binnelandse Produk (BBP);

•      die vermoë van werkgewers om hul besighede suksesvol voort te sit;

•      die bedryf van klein, medium of mikro-ondernemings en nuwe ondernemings; en

•      die impak op indiensneming of die skepping van werksgeleenthede.**

 

Die volgende drie voorstelle wat in die verslag ter tafel gelê is:

•      die meerderheidsaanbeveling is die Verbruikersprysindeks (VPI)* plus 3%. Agt van die 12 kommissarisse het voorgestel dat die nasionale minimum loon met VPI plus 3% verhoog;

•      die aanbeveling deur die besigheidskiesafdeling is slegs VPI; en

•      die aanbeveling deur 'n onafhanklike deskundige is VPI plus 0,75%.

 

*Die VPI is 'n maatstaf van die verandering in pryse soos betaal deur verbruikers vir goedere en dienste oor tyd. In Suid-Afrika was die jongste verbruikersprysinflasie, soos gepubliseer deur Statistieke Suid-Afrika, 5,9% in Oktober 2023, teenoor 5,4% in September 2023.

**Dit is kommerwekkend dat die impak op indiensneming of die skepping van werksgeleenthede blykbaar nie in ag geneem is nie. In die huidige ekonomiese klimaat moes dit die hoofoorweging gewees het.

Die publiek kon skriftelik kommentaar lewer op die verslag tussen 12 Desember 2023 en 8 Januarie 2024. Mens wonder of die departement nie opsetlik hierdie aankondiging gemaak het terwyl meeste mense op vakansie was nie...

Minimumloodverhogings (loon per uur) vir die afgelope paar jaar:



Die verslag is in die Staatskoerant van 12 Desember 2023 gepubliseer en die kennisgewing van implementering van 2 Februarie kan van die MBF-webwerf afgelaai word. https://www.mafubebf.org/post/minimumlone-aanvang-1-maart-2024


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons ​​webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

20 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page