top of page
Writer's pictureMBF

MELD DIT AAN

As deel van 'n gemeenskap wat definitiewe optrede en resultate van hul munisipaliteit benodig, het MBF saam met Netelek 'n platform bekom om die munisipaliteit by te staan daarmee.


Met die doel om dienslewering binne Mafube Plaaslike Munisipaliteit te verbeter, het dit tyd geword om aksie te neem en betrokke te raak.


Hoe? 'n Foutaanmelding-toep (app) word deur Netelek verskaf en stel die Mafube-gemeenskap in staat om data oor foute binne die area aan te meld. Die toep (app) gee die geleentheid om die posisie op ‘n kaart aan te dui en fotos van die probleem by te sit.

Hoe meer inligting deurgegee word, hoe beter toegerus sal ons wees om hierdie foute onder die aandag van die verantwoordelike mense te bring.


Beurtkrag


Daar sal binnekort ook ‘n spesifieke gedeelte vir navrae oor beurtkragstuwing wees. Intussen kan u “other” kies, en u navraag in die gedeelte toegelaat daarvoor skryf.

As jy enige verdere vrae het, besoek asseblief ons webwerf of maak kontak met ons. 

12 views0 comments

Comments


bottom of page