top of page

Mafube Se Eie Prestasie-telkaart

  • Writer: MBF
    MBF
  • 2 days ago
  • 2 min read

As deel van Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) se "Jaarverslag", illustreer die tabel hieronder die prestasie van elke Sleutelprestasiegebied (SPA) gedurende die 2024/2025 Finansiële Jaar. MPM erken dat die munisipaliteit slegs 54 van die voorgestelde 186 prestasie-aanwysers bereik het. Met ander woorde 132 teiken aanwysers is gemis en dui dat hulle slegs 29% van hul teikens bereik het. Hierdie berekening wys dus uit dat daar ‘n ruimte van 71% is waar geen prestasie gelewer was nie. Die tabel hieronder gee 'n ontleding van die institusionele prestasie volgens die Sleutelprestasie-aanwysers en die Sleutelprestasiegebied (SPA's).


Prestasie-ontlede van algehele teikens per SPA vir MPM

Sleutel Prestasie Gebied (SPA)

Teiken

Teiken Bereik

Teiken Gemis

SPA-1 Basiese Dienslewering

52

6

46

SPA-2 Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling

12

1

11

SPA-3 Finansiële Bestuur en Lewensvatbaarheid

25

14

11

SPA-4 Munisipale

Transformasie en Institusionele

Ontwikkeling

29

7

22

SPA-5 Goeie Regering en Publieke Deelname            

68

26

42

Totaal

186

54

132

Jaarlikse Institusionele

Algehele prestasie

29%

 

Die Jaarverslag van 'n munisipaliteit moet binne 7 maande na die einde van die finansiële jaar bekend gemaak word in ooreenstemming met plaaslike regeringswetgewing, dus voor die einde van Februarie elke jaar. Mafube Besigheidsforum (MBF) het die bestuur van MPM herhaaldelik aan hierdie verpligting herinner en merk met belangstelling op dat die munisipaliteit vir die eerste keer ooit in hierdie verband voldoen het – inderdaad 'n stap in die regte rigting.


MBF aanvaar die ontleding op sigwaarde as 'n positiewe stap en 'n opregte aksie om die skynbaar hopelose situasie by MPM aan te spreek. Ten spyte van die swak uitkoms van die ontleding, kan dit nuttig wees as 'n verwysing vir toekomstige beplanning en bestuur vorentoe.


MBF | 18A Kerkstraat | Frankfort | Maandae tot Donderdae | 08:30 tot 16:00 en Vrydae van 08:00 tot 12:30 | 079 145 4295 | info@mafubebf.org | www.mafubebf.org 

Comments


bottom of page