top of page
  • Writer's pictureMBF

Dryf beurtkrag jou teen die mure uit? SADAG gee raad.

[Deel 2 van 3]

Vir baie Suid-Afrikaners lyk dinge deesdae donkerder as ‘n paar jaar gelede, so sê 'n studie wat deur die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG) gedoen is. Na aanleiding hiervan, sal MBF stel graag nog ‘n paar kern vrae en voorstelle daaroor beskikbaar.


5. Hoe beinvloed beurtkrag mense se gevoel van veiligheid?

As mens in die donker sit, is jy uiters waaksaam. Om vasgevang te wees in duisternis is vir sommige mense regtig moeilik. Dit maak noodligte belangrik. Die vrees vir verhoogde misdaadvlakke was beslis duidelik by meer as 90% van die deelnemers. Die vrese is nie ongegrond nie, want misdade soos rooftogte en inbrake tydens beurtkrag het plaasgevind terwyl sekere deelnemers geslaap het.

6. Strek die vrees wyer as beurtkrag? Is mense bekommerd oor die land ook?

Meer as 96% van die respondente het 'n gevoel van hulpeloosheid en hopeloosheid vir die toekoms van die land gehad. Hulle het gevra: Wat is die hoop vir die land? Wat gaan eendag met my kinders gebeur? Die uitkringeffek hiervan was dat baie voel dat hulle nie veel beheer of hoop het oor waarheen die land op pad is nie.

7. Wat doen mense tydens beurtkrag?

‘n Kommerwekkende verskynsel word uitgewys, byna 44% van mense slaap om beurkrag verby te kry. Te veel slaap is egter ‘n teken van depressie of angs. Party mense het probeer om meer gesinstyd saam deur te bring, leeswerk in te haal, of uit te gaan wanneer daar beurtkrag gedurende die dag was. Ons het verwag dat mense sou sê hulle spandeer meer tyd op hul rekenaarskerms of kyk na programme wat hulle afgelaai het, maar net 18% van mense het gesê dat hulle na hul skerms gegaan het om die tyd te verwyl.

8. Gaan hierdie vrees verder as beurtkrag? Het mense onseker gevoel oor die rigting waarin die land inslaan?

Meer as 96% van die respondente het 'n gevoel van hulpeloosheid en hopeloosheid vir die toekoms van die land gehad. Hulle het gevra: Wat is die hoop vir die land? Wat gaan eendag met my kinders gebeur? Die uitkringeffek hiervan was dat baie voel dat hulle nie veel beheer of hoop het oor waarheen die land op pad is nie.

MBF nooi inwoners, besigheidseienaars en belastingbetalers uit om ons kantore by Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

1 view0 comments
bottom of page