top of page
  • Writer's pictureMBF

“EFF NATIONAL SHUTDOWN” – WAT IS MY REGTE?

Mafube Besigheidsforum (MBF) is besorg oor die protesoptrede wat deur onder andere die EFF beplan word vir Maandag 20 Maart 2023. Soos voorheen verklaar is dit die mening van MBF dat hierdie onverskillige polities-gedrewe protesaksie ongewens en onbekostigbaar is en geen positiewe bydra sal lewer t.o.v. die talle probleme wat ons gemeenskap in die gesig staar. MBF spreek homself ten sterkste uit teen enige aktiwiteit wat die plaaslike ekonomie nadelig kan beinvloed, en maan sy lede om nie die protesoptrede te ondersteun nie, en om ook geen intimiderende optrede teenoor hulself, hul besighede en personeel te duld nie.



Intimidasie is krimineel vervolgbaar


MBF het volle waardering vir die grondwetlike reg en vryheid van burgers van Suid-Afrika om hulself uit te druk deur middel van vreedsame ongewapende byeenkomste, betogings en optogte, maar ontken dat die uitoefening van sodanige reg onbeperk is en/of regverdigend beskou kan word, of 'n regsverweer is vir enige kriminele optrede of optrede wat landburgers se regte skend of dreig om te skend ingevolge artikels 14, 15, 16, 19(1), 22, 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika.


Die Wet op Intimidasie, Wet 72 van 1982, soos gewysig, ag intimidasie as ‘n kriminele oortreding wat by skuldigbevinding strafbaar is met 'n boete van hoogstens R40 000 of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens tien jaar, of beide.


Wat staan besighede (en inwoners) te doen?

  • U regte - vergewis uself van u regte deur die voorbeeld van die Beëdigde Verklaring wat deur MBF beskikbaar gestel is sorgvuldig deur te gaan.

  • Bly kalm - Indien daar enige konfrontasie is, bly kalm en hanteer dit logies. Dit help dit nie om emosioneel te reageer nie, want dit kan negatiewe gevolge inhou – eintlik wat die destabiliseerders wil hê, om vir hulle nog rede te gee om gewelddadig te raak.

  • Dreigemente - Indien u gedreig of enige wyse geïntimideerd word, sonder om in ‘n argument betrokke te raak, herinner die oortreder daaraan dat sy/haar regte in ag geneem is maar dat u regte ook gerespekteer moet word en dat die persoon haar-/homself skuldig maak aan ‘n kriminele oortreding, met verwysing na die Wet op Intimidasie (wet 72 van 1982).

  • Kry die feite - Probeer om soveel inligting bymekaar te kry soos die persoon se naam, posisie by die politieke party wie hy/sy verteenwoordig, asook fotos, klankgreep, geslotekring TV videomateriaal ens.

  • Lê ‘n klag - gebruik die voorbeeld van die Beëdigde Verklaring wat deur MBF beskikbaar gestel is, om dan ‘n klag van intimidasie by die polisie in te dien. Die SAPD is, in terme van artikel 205(3) van die Grondwet, verplig om te reageer en misdaad te ondersoek wanneer dit gepleeg is. Dit is in belang van die gemeenskap om misdaad te rapporteer om sodoende soortgelyke kriminaliteit in die toekoms hok te slaan.

Beedigde verklaring Intimidasie
.pdf
Download PDF • 197KB

MBF sal deurentyd kommunikeer met sy lede. Indien enige inligting benodig word, kontak die MBF kantoor by Kerkstraat 18A, Frankfort, stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org of 'n WhatsApp-boodskap na 079 145 4295. Volg MBF op Facebook en besoek www.mafubebf.org

1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page