top of page
  • Writer's pictureMBF

FOKUS OP MAFUBE

Mafube Business Forum (MBF) neem lank reeds standpunt in vir beter dienslewering en die reg op 'n skoon, gesonde omgewing vir 'n florerende ekonomie.

MBF het onlangs saam met Rural Maintenance Eskom hof toe gedaag om te veg vir die regte van sy lede en die gemeenskap in die algemeen, op elektrisiteit tydens beurtkrag, wanneer alternatiewe energiebronne beskikbaar is.


Dit wil voorkom asof die harde werk, eindelose nagte van vergaderings, navorsing en dinkskrums begin vrugte afwerp.

Lees meer in hierdie week se Sunday Times.

Kevin Mileham, die DA se skadu-minister van Minerale Hulpbronne en Energie en Ghaleb Cachalia, DA skadu-minister van Staatsondernemings (wat Eskom insluit), het MBF besoek om hul gedagtes en sienings oor die spesifieke situasie in Mafube te deel.

MBF wil sy lede, besighede en ander individue bedank vir hul ondersteuning. MBF bly verbind tot sy missie en visie. Ons visie om 'n volhoubare omgewing vir ekonomiese groei te skep, i, en sal ons hooffokus bly.



Foto 1: Kevin Mileham, Skadu-minister van Minerale Hulpbronne en Energie, DA; Jacques Jansen van Vuuren, Skakelbeampte, MBF; Jannie Schabort, Voorsitter, MBF en Ghaleb Cachalia, Skadu-minister van Staatsondernemings, DA.

Foto 2: ‘n Joernalis en fotograaf van die Sunday Times koerant, Khanyisile en Misi voer ‘n onderhoud me Jannie Schabort, Voorsitter van MBF.


MBF nooi inwoners, sake-eienaars en belastingbetalers om ons kantore te Kerkstraat 18A, Frankfort op Maandae tot Donderdae van 08h30 tot 16h00 en Vrydae 08h30 tot 12h00 te besoek. Bel of stuur 'n WhatsApp-boodskap aan Marina by 079 145 4295. Besoek ons webwerf www.mafubebf.org en volg ons op Facebook.

1 view0 comments

コメント


bottom of page