top of page
  • Writer's pictureMBF

Frankfort Solar - 'n Aand van Suksesse


Mafube Business Forum (MBF) wil graag die hele Mafube-gemeenskap en gaste van buite die streek asook Rural Free State, bedank vir jul deelname aan die bekendstelling van Frankfort Solar, wat Saterdagaand by Siesta Gasteplaas gehou was.

Dankie aan Jannie Schabort, as Voorsitter van MBF, vir jou uiteensetting oor die doel en visie van die organisasie - dit wat reeds bereik is en dit wat beplan word.

Dankie aan Chris Bosch vir die oorsig van die solar plase en "Agri-Villages" wat regoor die Mafube-streek beplan word. Die positiewe impak wat hierdie ontwikkeling op krag en watervoorsiening sal hê en hoe die gemeenskap in die breë, daarby sal baat vind. Mafube is voorwaar bevoorreg om die gekose streek vir sulke pionierswerk te wees.

Dankie aan Alice Botha van Designer Occasions wat die musiek (Juan-Piere Murphy) vir die aand gereel het. Dankie ook aan Sienah Hattingh en Surina Pretorius vir julle bydrae met die dekor.

Foto: Die MBF werkspan vir die projek is Hans Pretorius, Marlize Boshoff, Jacques Jansen van Vuuren, Jannie Schabort en Marina van Biljon.

Dankie aan elke vraag wat gevra is en elkeen se belangstelling in hierdie projek. Indien u nie die voorlegging op 29 Mei bygewoon het nie, nooi ons alle Mafube inwoners en sakelui uit om met ons te skakel en as belang hebbende te registreer, deur ons kantore te besoek by Kerkstraat 18A Frankfort, gedurende ons besigheidsure, op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:30 tot 12:30. Kontak ook Marina per WhatsApp by 079 145 4295 of stuur 'n e-pos na info@mafubebf.org

14 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page