GOEIE KOMMUNIKASIE SKEP VERTROUE
Kommunikasie tussen 'n gemeenskap en sy plaaslike regering moet oop en effektief wees. Indien behoorlike kommunikasiekanale nie in plek is nie, kan dit vir inwoners voel asof hul stem geïgnoreer word, en in ruil daarvoor sal die gemeenskap dalk nie op versoeke van 'n munisipale raad reageer nie. ’n Gebrek aan goeie kommunikasie breek vertroue, terwyl goeie kommunikasie die verhouding tussen regerings en burgers versterk.
Die praktiese uiteinde van swak kommunikasie is dat kwessies wat deur die publiek aangemeld word, nie opgelos word nie en die munisipale raad nie positiewe reaksie van die gemeenskap kry nie.
Dit kan beide die gemeenskap en munisipaliteit moedeloos laat.
Kommunikasie vanag plaaslike regerings is lewensaar en 'n strategiese element in dienslewering. Munisipaliteite se vermoë om interaksie op alle vlakke te lewer, is die sleutel tot 'n gemeenskap se sukses. Aangesien ons in 'n era van vinnige verandering en groot kompleksiteit leef, is die uitdagings wat samelewings, gemeenskappe en organisasies in die gesig staar ingewikkeld en moeilik, en is daar 'n algemene behoefte aan leierskap in kommunikasie vanaf plaaslike regering. Munisipaliteite se kommunikasie het 'n kritieke rol om te speel om welwillendheid vir produktiewe doeleindes te benut; om die stemming van gemeenskappe te help vorm.
Hoe moet plaaslike regering met die publiek kommunikeer?
Plaaslike regering moet nuwe beleide/bywette aankondig en verduidelik, asook die gemeenskap betrek deur openbare deelname in verskillende stadiums van beleidmaking. Enkele voorbeelde van hoe plaaslike regering met die publiek kan kommunikeer, sluit in: Openbare veldtogte op radio en internet om mense in te lig oor regeringsbeleid en sosiale media.
Mafube Plaaslike Munisipaliteit (MPM) het sedert 2014 nie ‘n Kommunikasie beampte nie. Die kritieke belang van hierdie pos is reeds deur die nasionale regering uitgewys. Die gaping veroorsaak geweldige frustrasie, en direkte kommunikasie per epos werk ook nie altyd nie. MLM is vele male herinner aan hul verpligting om 'n doeltreffende webwerf te onderhou - dit is 'n wetlike vereiste. Daar 'n oënskynlik onwilligheid om te reageer in ooreenstemming met hul wetlike verpligting.
Mafube Business Forum (MBF) is van mening dat MPM nooit sal herstel tensy die belangrikheid van behoorlike kommunikasie nie ingesien word en realiseer nie.
